Lê jy snags wakker oor die koste van jou versekering en gedurige premieverhogings? Gelukkig kan jy iets doen om die kwaaiste verhogings te voorkom.

[caption id="attachment_53536" align="aligncenter" width="500"] ER24 EMS (Pty) Ltd. ER24 EMS (Pty) Ltd.[/caption]

Deur sekere veranderinge aan te bring kan jy selfs ’n verlaging in premies geniet . . .

Maak so vir verlaagde premies:

1.    Verseker jou voertuig vir die regte waarde

As jy ’n ouer motor bestuur, maak seker dis nie oorverseker nie.

2.    Hou jou huishoudelike inhoud op datum

Wat die versekering van huishoudelike goedere betref kan jy jou dekking verminder deur die inhoud gereeld en noukeurig by te werk. Gaan die lysie van die versekerde items elke ses maande na en pas die versekerde bedrag dienooreenkomstig aan. Maak seker jy gebruik vervangingswaarde (die koste om die item as ’n tweedehandse item te vervang) en nie die markwaarde (wat ’n nuwe item in die winkel sal kos) nie. Haal enige ou of weggegooide items wat nie meer verseker hoef te word nie, van jou lys af.

3. Moenie jou dekking dupliseer nie

As jou korttermyn-versekeraar gratis padbystand bied, hoef jy jou mediese fonds dit nie ook te bied nie. As jou selfoon onder jou huishoudelike goedere verseker is, hoef jy nie vir afsonderlike versekering te betaal nie.

4.    Verhoog jou sekuriteit

Jou korttermyn-versekeringspremie word volgens jou risikoprofiel bereken. Jou risikoprofiel is gegrond op faktore soos waar jy woon, die soort motor waarmee jy ry, jou veiligheidsmaatreëls en so aan. Jy kan jou motor se versekeringspremie verminder as jy ekstra veiligheidsmaatreëls, soos ’n alarm, daarin laat aanbring. Jy kan ook ’n korting op jou huisversekering kry as jy na ’n veiliger buurt getrek het of ’n nuwe alarmstelsel laat installeer het.

5. Moenie onnodig eis nie

Houjou versekering vir ware katastrofes, en moenie vir kleineres eis waarvoor jy self kan betaal nie. As jy gedurig vir nietighede eis, gaan jou versekeraar jou premie verhoog.

6. Verhoog jou bybetaling

Jy kan geld op jou versekering bespaar deur die bybetaling wanneer jy eis, te verhoog. As jy die laagste bybetaling kies, kan dit jou premie te duur vir jou maak. Kry ’n balans, waar jy ’n redelike premie betaal en jou bybetaling nie so hoog is dat jy dit nie sal kan betaal nie.

Deur Faiza Mallick

Bron: Auto & General Insurance

Foto: Flickr -  ER24 EMS (Pty) Ltd.