Deur Megan Bursey

Hier is eenvoudige sakpas-maniere om jou ouers te bederf :

- Maak vir hulle ontbyt in die bed. Maak heerlike plaatkoekies met ’n bietjie room oor en skink vir jou ma heerlike tee in haar gunsteling-teepot.

- Bied so af en toe aan om jou broer se kosblik te pak.

- Skink vir jou ma ’n glas wyn ná ’n lang dag by die werk.

- Vra hulle of daar enige flieks is wat hulle graag wil gaan sien. Neem dan die DVD uit, maak springmielies en laat hulle ’n bietjie gehaltetyd saam deurbring.

- Pluk vir jou ouers vars blomme uit die tuin en sit dit in ’n mooi blompot in hul kamer.

- Skryf vir hulle ’n gedig om al jou liefde en waardering te verwoord vir alles wat hulle al vir jou gedoen het.

- Kook ’n ete vir die hele gesin.