Wees eerlik, jy het dalk ook al gewonder watter verskoning jy kan gebruik om ’n dag by die werk mis te loop.

Dalk ná laatnag-manewales of sommer net omdat die swembad vandag veel aanlokliker as ’n oorvol lessenaar op kantoor lyk. Of jy was bloot nie lus vir werk nie, nie vandag nie . . .

Lees ook: Kalkoen kry vlerke en vlieg

Hier is ’n paar snaakses. Daar is natuurlik altyd die moontlikheid dat van hierdie flou verskonings werklik waar was, maar moenie sê ons het jou idees gegee nie!

Lees ook: Dorp bou kerk in die vorm van hoëhakskoen

  1. Ek wou nie die parkeerplek voor my huis verloor nie.
  2. Ek het ’n kalkoen getref toe ek met my fiets gery het.
  3. Wel, ek voel nou baie beter al het ek vanoggend ’n hartaanval gehad.
  4. My hond was oorspanne ná ’n familiereünie.
  5. My vrou het al my klere verbrand en ek het niks gehad om aan te trek nie.
  6. My buurvrou het haar lakens gewas en op die wasgoeddraad gehang. Ek wou nie verbyry en stof daarop laat kom nie.
  7. Ek moes ’n saamrygeleentheid met my meisie kry, maar sy was kwaad vir my en het sonder my gery.
  8. My hond het ’n groot geveg wat voorlê en ek wil hom nie alleen laat nie.
  9. Ek het te veel gedrink en op ’n vreemdeling se vloer aan die slaap geraak. Ek weet nie waar ek is nie.
  10. Ek het ’n haarkleurramp beleef.
  11. ’n Blikkie rooiboontjies het op my groottoon geval.
  12. My goudvissie is siek.
  13. My broek het op pad werk toe geskeur.
  14. My kar se handrem het losgekom. Toe het dit teen die heuwel afgerol en teen ’n lamppaal gebots.
  15. My toon sit vas in die badkraan.
  16. Ek het nou net ’n kasserol in die oond gesit.
  17. My plastiese chirurgie het ’n bietjie aandag nodig om dit perfek te kry.
  18. Ek het in die badkamer gesit toe my voete en bene aan die slaap raak. Toe ek opstaan, het ek geval en my enkel gebreek.
  19. Ek was die hele naweek by die casino en het nog geld oorgehad om Maandag ook nog te speel.
  20. Ek het per ongeluk op ’n vliegtuig geklim.

Die immergroen een: My hond het my skoene opgeëet.

Weet jy van nog ’n paar flou verskonings? Deel dit gerus – stuur dit na web@huisgenoot.com met ‘Flou Verskoning’ in die onderwerplyn.

Bronne: huffingtonpost.com, news.com.au, popsugar.com, forbes.com