Wees vandag op die uitkyk na hierdie “poets” wat die ronde doen op sosiale media.

[caption id="attachment_115900" align="alignnone" width="599"]Die blad gaan lyk of dit laai, en dan stort Safari (die iOS-webblaaier) ineen. Foto: Pexels Die blad gaan lyk of dit laai, en dan stort Safari (die iOS-webblaaier) ineen. Foto: Pexels[/caption]

CrashSafari.com doen sy reputasie gestand. Gebruikers meld aan die webtuiste saai verwoesting op hul fone en Mac-blaaiers.

Gelukkig het die goeie mense by Huffington Post dit beproef sodat ons dit nie hoef te doen nie.

Lees ook: Dié WhatsApp-truuk kan jou baie ongemaklike oomblikke spaar

Die agentskap het bevestig die blad sal ’n iPhone 6S en iPhone 5S wat loop op iOS weergawe 9.2.1 en ’n gewone iPhone 6 wat loop op iOS 9.2, laat ineenstort.

“Met ander woorde, as jy ’n onlangse iPhone gebruik of een wat op die jongste weergawe van iOS loop, loop jy waarskynlik gevaar,” is Damon Beres se gevolgtrekking.

Toe hulle op die webtuiste klik, het hulle gesien dit lyk of dit laai en laat dan Safari (die iOS-blaaier) ineenstort of laat jou foon herlaai.

“Na gelang van jou verstellings, kan jy party ikone verloor, maar dit sal nie jou toestel andersins beskadig nie,” het hy verduidelik.

Lees ook: MTN, Vodacom waarsku teen nuwe slenter

“Crashsafari.com is irriterend, maar sal nie jou persoonlike inligting in gevaar stel nie.”

Tog is die probleem dat trolle op Twitter (wat outomaties die skakel verkort en verander sodat jy dit nie sal herken nie) of ’n ander skakelverkorter aan CrashSafari.com verbind.

Die slotsom? Wees baie kieskeurig oor die skakels waarop jy vandag (Woensdag) klik.

Bronne: Huffington Post, 9to5mac.com