Dié mediamaatskappy het die app ontwerp on die aandag te vestig op die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos. Die Human Capital Report 2015 van die organisasie het Suid-Afrika 92ste geplaas ten opsigte van “hoë opvoedkundige prestasie en ’n ooreenstemmende groot kwota hoogs geskoolde werknemers”.
Die Human Capital Report 2015 van die organisasie het Suid-Afrika 92ste geplaas ten opsigte van “hoë opvoedkundige prestasie en ’n ooreenstemmende groot kwota hoogs geskoolde werknemers”.

Wanneer jy jou jaarlikse salaris invoer, begin die instrument werk en dit stuur ’n vergelyking terug wat verteenwoordigende salarisse in jou eie land sowel as dié van die res van die wêreld aandui.

CNN Money benadruk dit egter die berekenings is nie empiries wetenskaplik nie, maar dat dit hoofsaaklik gegrond is op meningspeilings van mense wat die portaal gebruik het.

Ten spyte hiervan het die terugvoering van ’n jaarlikse salaris van R65 000 (ongeveer R5 400 per maand) ’n resultaat van die gemiddelde salaris van ’n taxibestuurder in SA, of ongeveer 37 persent van die land se gemiddelde van R174 600 per jaar (ongeveer R14 500 per maand) getoon.

Geskoolde werkers

’n Salaris van ongeveer R100 000 per jaar (ongeveer R8 300 per maand) is 95 persent van die globale gemiddelde salaris van $19 188 (ongeveer R230 000 per jaar of ongeveer R19 000 per maand) of ses keer soveel as wat ’n onderwyser in Ethiopië verdien.

Skoling van werkers is ’n regstreekse aanduiding van die salaris wat hulle verdien.

Volgens Statistieke Suid-Afrika was ’n kwart van werkers in Suid-Afrika einde 2014 geskool, vergeleke met ’n vyfde in 1994.

Statistieke SA het egter getoon dat wit werkers hoofsaaklik verantwoordelik was vir die toename in geskoolde werkers. Die persentasie geskoolde wit werkers het van 42 persent in 1994 gestyg tot 61 persent in 2014.

In die geval van geskoolde swart werkers was die styging slegs van 15 tot 18 persent in dieselfde 20-jaar-tydperk.

Statistieke SA het bevind dat, ten opsigte van leierskapsposisies, die hoogste styging (26,6 persent) onder Indiërs was, gevolg deur wit (19 persent), bruin (11 persent) en swart mense (3 persent).

Fin24