Hulle het so vinnig deel geraak van ons kletstaal, ons weet nie wat ons sou maak sonder ons geliefdes emoji's nie.

Dié klein kentekentjies, wat alles van blydskap tot hartseer en alles tussen-in kan oordra, lei egter tot heelwat verwarring.

Kyk hier of jy jou emoji's soms verwar.

Wat jy dink dit is: ’n Poefie met ’n vriendelike glimlag.

[caption id="attachment_147386" align="aligncenter" width="160"]Foto: Emojipedia Foto: Emojipedia[/caption]

Wat dit eintlik is: ’n Sjokolade roomys!

Dié gewilde emoji is eintlik baie minder grillerig was wat ons dink! Vergelyk dit gerus met die vanielje-roomys emoji wat in ’n horinkie is en jy sal sien dié twee lyk nes mekaar.

[caption id="attachment_147387" align="aligncenter" width="160"]Foto: Emojipedia Foto: Emojipedia[/caption]

Wat jy dink dit is: ’n Meisie met houding.

[caption id="attachment_147391" align="aligncenter" width="160"]Foto: Emojipedia Foto: Emojipedia[/caption]

Wat dit eintlik is: ’n Inligtingsbeampte by ’n hulptoonbank.

Wat jy dink dit is: ’n Mannetjie wat morsdood is.

[caption id="attachment_147393" align="aligncenter" width="128"]Foto: Emojipedia Foto: Emojipedia[/caption]

Wat dit eintlik is: ’n Mannetjie wat geskok is.

Wat jy dink dit is: ’n Ballerina.

[caption id="attachment_147394" align="aligncenter" width="160"]Foto: Emojipedia Foto: Emojipedia[/caption]

Wat dit eintlik is: ’n Meisie wat die "OK"-teken uitvoer.

Wat jy dink dit is: ’n Stel hande wat bid.

[caption id="attachment_147397" align="aligncenter" width="160"]Foto: Emojipedia Foto: Emojipedia[/caption]

Wat dit eintlik is: Twee mense wat mekaar ’n high five gee of iemand wat "asseblief"-vra.

Wat jy dink dit is: Iemand wat breed glimlag.

[caption id="attachment_147401" align="aligncenter" width="160"]Foto: Emojipedia Foto: Emojipedia[/caption]

Wat dit eintlik is: ’n Man wat gespanne of anstig is.

Wat jy dink dit is: ’n Vrolike, dansende tweeling.

[caption id="attachment_147403" align="aligncenter" width="160"]Emojipedia Emojipedia[/caption]

Wat dit eintlik is: ’n Soort vrou wat in Japan normaalweg met seksualiteit verbind word.

Wat jy dink dit is: Iemand wat met hul hande in die hare sit of hul hare laat sny.

[caption id="attachment_147407" align="aligncenter" width="160"]Foto: Emojipedia Foto: Emojipedia[/caption]

Wat dit eintlik is: ’n Vrou wie se kop masseer word.