Amerikaanse navorsers is dit eens dat die beste beroep om te volg as ’n mens die werksomgewing, die fisieke uitdagings wat dit stel, die inkomste en die beskikbaarheid van poste in ag neem, is...

Niks anders nie as ’n aktuaris!

Net neffens ’n aktuaris, is dit ook ’n goeie idee om ’n bio-mediese ingenieur, ’n sagteware-ingenieur, ’n audioloog of ’n finansiële beplanner as ’n moontlike beroep te oorweeg.

En wat was nr. 200 op die lys? Niks anders nie as koerantjoernaliste.

- Volksblad