Hulle het hul uitgawes bekyk en hul R1-muntstukke verdeel. Dit is amper tyd om die rekeninge te betaal en te sien waaraan hulle geld bestee – en hoeveel oorbly.

Daar is ’n paar belangrike goed waaraan jy moet aandag gee wanneer jy na jou besteding kyk. Dit sluit in:

  • Jou huis.
  • Jou motor.
  • Jou spaarplan.

Kom ons kyk na hoe die eenrandgesin se besteding vergelyk met die nasionale gemiddeld vir mense met ’n soortgelyke inkomste, en dan die algemene reël.

Karin Muller gee die volgende belangrike geldwenke:

  1. Praat met ’n kenner ’n Afspraak met ’n finansiële adviseur is die eerste tree op die pad na finansiële vryheid. ’n Goeie, gekwalifiseerde finansiële adviseur sal jou ’n geheelbeeld van jou geldsake gee en ’n geldplan voorstel wat jou sal help om jou doelwitte te bereik.
  2. Prioritiseer jou finansiële behoeftes Sonder prioriteite gaan die sukses van jou begroting in die gedrang kom. Besluit wat kritiek is en ontwikkel ’n realistiese bestedings- en spaarplan. Dit sal jou help om kort-, medium- en langtermyndoelwitte te prioritiseer.
  3. Betaal en vermy onnodige skuld Of jy nou finansieel sukkel of nie, jy het nie oormatige skuld nodig nie. Wat jy ook al op krediet koop, kos op die ou end veel meer as die oorspronklike prys.
  4. Beplan vir jou oudag Jy gaan nie vir altyd kan werk en ’n inkomste genereer nie; maak dus seker jou finansiële plan maak voorsiening vir jou aftrede.
  5. Die S-woord: spaar! As jy jou finansiële doelwitte wil bereik en jou droomlewe wil hê, moet jy eenvoudig begin spaar. Stel ’n debietorder na jou spaarrekening op vir die eerste dag van elke maand. Dan sal jy nie die geld mis nie, want dit sal voel of jy dit nooit gehad het nie.

Die eenrandgesin se storie word vandeesmaand in vier weeklikse episodes op e.tv vertel (Maandag tot Donderdag om 17:25), asook elke Maandag in web-episodes. Jy kan deel wees van hul avontuur deur onerandfamily.co.za te besoek. Dit het nuttige wenke en insigte om jou geldsake te bestuur.

Sanlam-HG-wilmer