Daar is heelwat faktore wat bydra tot ’n oormatige skuldlas, maar dit word dikwels beïnvloed deur die verbruiker se ingesteldheid jeens geld.

Volgens Wikus Olivier, ’n skuldbestuur-kenner by DebtSafe, is daar vyf kenmerke wat geld vir alle verbruikers wat nie skuld het nie. Aangesien die brein heropgelei kan word, is dit heeltemal moontlik om jou finansiële vooruitsigte te verander deur hierdie vyf kenmerke aan te leer en toe te pas:

Hulle is versigtig

Dit is verantwoordelike mense en hulle weet dis belangrik om by jou begroting te hou. Hulle gee nooit geld uit wat hulle nie het nie. En hulle spaar altyd geld vir ’n reëndag.

Hulle het selfvertroue

Hul selfwaarde word nie bepaal deur materiële besittings nie, maar deur wie hulle is. Hulle gee byvoorbeeld nie om om ’n paar jaar lank in ’n rammelkas rond te ry as dit hulle in staat sal stel om eers hul skuld met ’n hoër rentekoers af te betaal nie.

Hulle is tevrede met uitgestelde genot

Kopers sonder skuld is geduldig en gedissiplineerd wat besteding betref. Hulle wag geduldig en koop nie sommer na willekeur nie. Hulle besluit wat hulle wil hê, begroot daarvoor, spaar en koop dit eers wanneer hulle die volle bedrag in kontant het.

Hulle is kreatief

Kreatiwiteit speel ’n groot rol in persoonlike geldsake. Kreatiewe verbruikers is die soort mense wat altyd slim maniere vind om meer te doen met dit wat hulle het. Hulle kry ’n ander nut vir ou artikels en soek meer bekostigbare alternatiewe vir koopware wat buitensporig duur is.

Hulle ‘byt op hul tande’

Verbruikers sonder skuld is gewillig om in die hede op te offer om hul finansiële doelwitte te bereik. As hulle dus ekstra geld beskikbaar het, gebruik hulle dit om van hul skuld ontslae te raak. Hulle oorskry nie hul begroting deur duur restaurante of inkopiesentrums te besoek nie, maar hou hul oë pal op die beloning.

[caption id="attachment_138510" align="alignnone" width="600"]Foto: Pixabay Foto: Pixabay[/caption]

Skuld is nie ’n gewilde onderwerp nie, maar dis nodig om dit aan te roer. Beskou dit vir wat dit is: Skuld kos jou nie net geld nie; dit bemoeilik jou lewe. Jy gebruik nie net meer tyd om rekeninge te betaal nie; jy moet met die gepaardgaande stres saamleef.

As jy reeds tot oor jou ore in die skuld is, is die skuldraadgewers by DebtSafe net ’n oproep ver en hulle sal jou help met ’n plan om jou maandelikse skuldterugbetaling te verminder.

Sal dit nie heerlik wees om finansieel vry te wees nie? Hou dan op uitstel en begin hierdie skuldvrye kenmerke aangryp.

debtsafe-logo-CMYK-page-001