Een van die gevolge daarvan dat mense langer wag voor hulle kinders kry, is dat die ouers van jong kinders vind hul bejaarde ouers het ook sorg nodig.

En danksy vooruitgang op mediese gebied en wat algemene gesondheid betref, het ons nou ’n groter kans om 20 tot 30 jaar langer as ons gekose aftreeouderdom te leef. Dit beteken ons pensioen moet langer hou en ons moet vir verswaktesorg begroot.

Hoe navigeer ’n mens die onbekende terrein van voor skool en pensioen en universiteitsgeld en erfbelasting sonder om ’n mini-ineenstorting te kry?

HIER IS SES WENKE OM JOU JOU TOEBROODJIESITUASIE TE HELP OORLEEF

1. STEL ’N FINANSIËLE PLAN OP

’n Finansiële plan is soos ’n sambreel vir ’n reëndag; dis ’n buffer vir onverwagte geldelike uitgawes. En jy hoef nie ’n rekenmeester te wees om een op te stel nie.

Werk uit hoeveel inkomste en kapitaal jy nodig het deur veranderlikes in berekening te bring soos jou ouderdom, hoeveel afhanklikes jy het en hul ouderdom, ander inkomstebronne en hoeveel van jou kapitaal jy as inkomste wil aanwend.

Stippel finansiële doelwitte uit en begin jou bestedingsgewoontes aanpas. Belê slim sodat jy die doelwitte kan bereik en nie sonder ’n sambreel in die reën sit as ’n finansiële noodgeval opduik nie. 2. UNIVERSITEITSFONDS

Begin vroeg reeds te spaar vir jou kinders se universiteitskostes.

Die vreugde daarvan om jou kinders in die onafhanklike universiteitsfase in te stuur, val gewoonlik saam met die verminderde onafhanklikheid van jou ouer wordende ouers.

Universiteitsgeld skiet die hoogte in, om nie eens van die versteekte uitgawes van boeke, kos en verblyf te praat nie. Begin al van vroeg af geld opsysit, selfs van voor skool af. Dit behoort te verseker dat daar vir jou een minder groot finansiële en emosionele bekommernis is om te hanteer terwyl jy op jou bejaarde ouers se behoeftes konsentreer.

So kan jy jou kinders in die nuwe, opwindende fase vrylaat sonder enige finansiële las of skuldgevoel.

3. VIND UIT OOR JOU OUERS SE GELDSAKE

Om jou ouers oor hul geldelike situasie uit te vra, is amper so ongemaklik soos om oor die dood te vra. Maar dit is absoluut nodig as jy voorbereid wil wees om te help wanneer nodig. Pak dus die bul by die horings en roer die saak aan.

Om jou ouers se pensioen voortydig te tap kan die duur van hul swaarverdiende pensioen in gevaar stel en hulle, en jou, in hul verswakte jare hoog en droog laat.

Verduidelik jy voer die gesprek uit liefde en respek.

Sit dan saam om die volgende vas te stel:

  • Die pensioen wat hulle trek.
  • Hul inkomste uit annuïteite en/of dividende,
  • Hoeveel spaargeld hulle het.
  • Hul lewenskoste.
  • Hul vaste uitgawes, soos paaiemente op ’n lening en diensterekeninge?
  • Hul mediese versekering.
  • Hul mediese uitgawes.
  • Hul uitstaande skuld.

4. ONDERSOEK VERSWAKTESORGVERSEKERING

Die koste van die langdurige verswaktesorg- of tuisverpleging van ’n geliefde kan spaargeld en geld ’n reuseknou gee.

As jou ouers nie reeds verswaktesorgversekering het nie, is dit die moeite werd om dit te ondersoek om uitgawes te dek wanneer die tyd aanbreek.

Daar kan ook ander uitgawes as hospitaalkoste wees wanneer jy jou bejaarde geliefde versorg, soos die aanpassing van jou huis wanneer jou ouers intrek en ekstra kruideniersware en apteekuitgawes.

Sorg dat jy dit by jou finansiële plan insluit. 5. KYK NA JOUSELF

Moenie vergeet om voorsiening vir jou eie aftrede te maak nie.

Ons praat nie net van spabehandelings en manikure nie, al is dit ook belangrik; ons praat van jou persoonlike geldsake.

Moenie vergeet om vir jou eie aftrede voorsiening te maak terwyl jy woel om jou afhanklikes te versorg nie. Onthou, jy kan nie ander mense help as jy self nie finansieel standvastig is nie. Voed jouself dus op oor jou keuses.

En as jy voldoende vir jouself voorsiening maak, sal jou kinders nie in dieselfde situasie beland as waarin jy jou nou bevind nie.

6. SKEP ’N STEUNSTRUKTUUR

Die emosionele stremming daarvan dat so baie mense van jou afhanklik is terwyl jy steeds jou kinders probeer grootmaak, suksesvol wees by die werk en ’n gelukkige huwelik onderhou, kan ’n tol eis.

Soms het ons net ’n helpende hand nodig:

  • Skep ’n steunstruktuur saam met vriende wat in dieselfde situasie as jy is. Net die wete dat daar ander mense is wat dieselfde uitdagings as jy die hoof bied, maak ’n verskil.
  • Kry mekaar vir koffie of begin ’n WhatsApp-groep om idees met jou steungroep uit te ruil.
  • Laat die kenners die kenners wees. Vind ’n goeie, gevestigde finansiële raadgewer en laat hulle die stres van jou geldsake hanteer sodat jy daarop kan fokus om die mense om jou te versorg.

Met hierdie hulpmiddels sal jy die toebroodjiesituasie met styl oorleef.

© Mike Potts / Carrick Wealth