Jou skuld sal nie vanself weggaan nie.

  1. Kyk op watter van jou skuld betaal jy die meeste rente - begin dit eerste afbetaal sodat die rente nie later groter word as die skuldbedrag nie.
  2. Moenie sommer val vir “spesiale aanbiedinge” nie – as iets te goed is om waar te wees, is dit nie waar nie! As jy 10% afslag kry as jy R500 bestee op bv. velmiddels, dink bietjie of jy werklik daardie produkte nodig gehad het. En as ? winkel vir jou ? spesiale afslagkaart wil gee, lees eers wat die voorwaardes is.
  3. Los jou pensioengeld uit. Wanneer dit uitbetaal word as jy van werk verander, moenie ? nuwe motor daarmee koop, jou skuld afbetaal of oorsee gaan rondflenter nie. Koop ? aftree-annuiteit daarmee of belê dit by ? betroubare finansiele-diensverskaffer.

Elna van der Merwe

BRON: Aneesa Razack van FNB