Ons gee jou elke week drie van ons beste besparingswenke wat gesamentlik hopelik ’n verskil aan jou beursie sal maak

  1. Eet minder uit. Vier spesiale geleenthede deur almal te vra om ’n interessante maaltyd, wat julle nie gewoonlik eet nie, te berei.
  2. Ruim tyd in om saans jou middagete vir die werk in te pak sodat die versoeking minder is om by die werk geld uit te gee. Dit kan bekostigbare soppe insluit. Dit geld ook vir lekkernye en drinkgoed, want elke bietjie tel.
  3. Vervang die meeste van die duur rooivleis met goedkoper opsies soos gesonder hoender, eiers, geblikte sardyne en tuna, asook groenteproteïen soos soja, bone en lensies.

Bron: health24.com