Wie is dotsure.co.za?

Hulle is ’n selfdoen-aanlynmotorversekeringsmaatskappy wat jou bemagtig om vir jou eie gerief jou kwotasie op die internet te kry en jou motorversekering daar te koop en te bestuur. Pleks van die outydse, pynlike en uitgerekte manier van jou motor verseker, sorg hulle vir ’n kragtige kortpad. Hul filosofie is eenvoudig: “Shortcuts are good”. Dotsure.co.za is vinnig, maklik en moeite-vry. Danksy hul sakemodel word aansienlike bedryfskoste uitgesny en jy vind baat by hierdie besparing, want hulle kan jou ’n wonderlike aanbod maak. Dis nie al nie. As jy jou versekering aanlyn koop, kan jy tot 30 persent bespaar en elke maand tot 25 persent van jou premie kontant terugkry op grond van jou bestuurstyl.

Koop versekering maklik

Om eerlik te wees: Van al die vervelige, verantwoordelike dinge wat ’n mens moet doen, is motorversekering die pynlikste proses, of hoe? Wel, daardie dae is nou verby. Dotsure.co.za bied die beste kortpad na motorversekering.Binne 15 minute nadat jy jou kwotasie gekry het, is jy verseker. Al wat jy moet doen, is om na dotsure.co.za te gaan en jou kwotasie te kry. Klik dan op “buy” om jou polis aanlyn te koop en jy het die beste kortpad gekies – vinnig verby! As jy hulp nodig het, is mense byderhand om jou kortpad via hul aanlyn-kletsgeriewe by dotsure.co.za of telefonies by 0861-368-7873 nog korter te help maak.

Hulle beloon jou

Dotsure wil dit vir jou die moeite werd maak om met hulle sake te doen en sien na jou belange om asof dit hul eie is; daarom beloon hulle jou met wonderlike voordele:

  • Elke maand tot 25 persent kontant terug op grond van jou bestuurstyl*.
  • Afslag van tot 30 persent as jy jou versekering aanlyn koop.
  • Road Protect-lidmaatskap, wat Fines Protect (verminderde verkeersboetes) insluit, asook Pothole Protect (eis jou geld terug van die padowerheid vir enige skade) en Accident Protect (bystand met regskwessies en met eise van die Padongelukkefonds).
  • Super Shortcuts vir wanneer jy in ’n penarie is. Of dit nou langs die pad, by die huis of ’n mediese of regsnoodgeval is, hulle sorg dat jy gedek is.

Het jy geweet?

Dotsure.co.za bied jou nog ’n kortpad na versekering. Met hul app kan jy ’n Xpresskwotasie kry, ’n eis indien, die status van jou eis nagaan, hulp in noodgevalle ontbied en nog vele meer!

* Bepalings en voorwaardes geld.

* Dit hang van die risiko-profiel af.

Dotsure.co.za is ’n afdeling van Oakhurst-versekeringsmaatskappy Bpk. (reg.no. 2006/000723/06), ’n geregistreerde finansiëlediensteverskaffer kragtens die FAID-wet (FDV-no. 39925).

Klik hier vir meer inligting of gaan na www.dotsure.co.za om jou versekering aanlyn te koop.