Doen dit so:

Begroot

Stel betyds ’n begroting op. Sit geld opsy vir al jou uitgawes vir die vakansietyd en Januarie. Maak ’n lys van alles wat jy begin volgende jaar moet betaal en hou geld eenkant daarvoor. As jy gelukkig genoeg is om ’n dertiende tjek te kry kan jy dit dalk gebruik om skuld te betaal sodat jy minder uitgawes in Januarie het.

Beplan vooruit

Koop skryfbehoeftes en skooldrag voor die einde van die kwartaal en sover moontlik genoeg kruideniersware wat tot einde Januarie sal hou. Jy sal dan weet hoeveel jy vir plesier oorhet en ook geen nare verrassings in Januarie kry nie. Beplanning gee jou ook die geleentheid om winskopies te soek en pryse te vergelyk.

Weerstaan uitverkopings

Moenie onnodige goed op uitverkopings koop nie. Gebruik liewer die geleentheid om items wat jy nodig het, op afslag te koop. As dit nie op jou lysie is nie, hoort dit nie in jou mandjie nie.

Koop geskenke met sorg

Kies goedkoper alternatiewe wanneer jy geskenke koop. Oorweeg inkopiewebtuistes soos Groupon en Wicount of, beter nog, maak jou eie.

Kies jou partytjies

Om ’n sosiale vlinder te wees kan duur kos. Wees kieskeurig oor die partytjies en middagetes wat jy bywoon. Die gesamentlike koste van brandstof, verversings en restaurante kan hoog wees.

Betaal kontant en weerstaan skuld

As jy kontant betaal en gedurig jou bankbalans dophou, sal jy nie so maklik impulsief koop nie. Hou jou bankkaarte vir noodgevalle.

-         Koketso Mashika (@koketsoMashika)