Die onderhoudwerk sal tussen 02:00 en middernag gedoen word.

Die bank het in ’n mediaverklaring verskoning gevra vir die ongerief.

Hoe raak dit jou?

Gebruikers sal steeds hul debiet-, tjek- of kredietkaarte kan gebruik om aankope in winkels te doen en geld by kitsbanke te trek. Hulle sal ook van ander betaaldienste soos SnapScan gebruik kan maak. Die volgende dienste sal egter onderbreek word:

? Kitsbankinbetalings sal nie beskikbaar wees nie.

? Die bank-app, aanlyn besigheidsdienste, internet-, telefoon- en selfoonbankdienste sal nie beskikbaar wees nie.

Wat kan jy doen om ongerief te vermy?

  1. Doen jou aanlyn betalings voor Sondag.
  2. Dra vroegtydig geld oor na ander rekeninge waar dit sou nodig wees.
  3. Koop betyds lugtyd en elektrisiteit om te voorkom dat jy nie genoeg het nie.
  4. Hoewel jy nog van die kaartdienste gebruik kan maak, is dit wys om ’n paar rand kontant aan jou te hê.

Kontak Standard Bank se kliëntedienssentrum met nog navrae by 0860-123-000.

Ander stories op Huisgenoot.com

Reef Carneson, die terminaal siek seuntjie, eindelik skool toe!

Kan jy raai watter SA ster lyk op ’n haar soos die Suits-akteur Gabriel Macht?

#Tempos2016: Stem nóú vir vanjaar se wenners en jy kan ’n motor wen

12-jarige se musiektalent verstom selfs die kwasterige Simon Cowell

Oppasser wat seun ‘mishandel’, aangekeer ná aanlyn woede