Wat is jou geldpersoonlikheid?

Die eenrandgesin lê die toets af

eenrand600x450-1[2]

Emosies beïnvloed alle aspekte van ons lewe – ons geldsake inkluis. Bepaal emosies ook die eenrandgesin se finansiële besluite?

Al die gesinslede het die “Wat is jou geldpersoonlikheid?”-toets afgelê om te sien hoe hul emosies hul geldbesluite beïnvloed.

Die internasionale mensegedragspesialis en skrywer Mavis Mazhura sê: “Hoe jy oor jouself, ander en geld voel, beïnvloed meer as 80 persent van jou besluite.”

Die sewe geldbewustheidsvlakke

Mavis sê daar is sewe geldpersoonlikhede: reaktief, konformeerder, aspirant, individualiseerder, gedissiplineerd, ervare en meester. ’n Unieke stel emosies en geldbenadering is die grondslag van elke bewustheidsvlak.

Waar pas die eenrandgesin in?

LONDIWE

  • ASPIRANT “Jou selfwaarde word bepaal deur jou netto waarde.”
  • Aspirantpersoonlikhede floreer op luukshede en statussimbole. Hulle is dikwels mal oor besittings en sal langtermynkanse om te spaar en belê ignoreer om vandag te kan bestee.

SIBUSISO EN NJABULO

  • INDIVIDUALISEERDER “Jy is doelgerig, selfversekerd en gemotiveerd.”
  • Individualiseerders tree op om hulself tevrede te stel en hul persoonlike finansiële doelwitte te bereik. Hulle is vasbeslote en bereid om alles te doen om hul gelddoelwitte te bereik.

Ons is almal verskillend as dit kom by geld en wat ons uit die lewe wil hê. Om te verstaan hoe en hoekom jy geld bestee, is die eerste stap om te verstaan hoe jy kan spaar.

Hier is vyf praktiese wenke van Jamey Lipschitz, welvaartbestuurder by Sanlam Private Welvaart, om jou jou emosies te help bestuur:

  1. Prioritiseer Winkels is ontwerp om op jou emosies te speel en besteding te verhoog. Maak ’n lys voor jy gaan inkopies doen en hou daarby.
  2. Hou jou ego in toom Die behoefte om goed te voel en goed te lyk laat jou dikwels geld bestee aan duur items, soos motors. Bestuur die goedkoopste motor wat jou ego kan bekostig.
  3. Dissipline Om ’n dieet of oefenprogram te volg verg toewyding en geduld. Pas dieselfde dissipline toe met jou finansies en jy sal meer as tevrede wees met die resultaat.
  4. Stel doelwitte Aangesien emosies ons verhouding met geld beïnvloed, sal kort- en langtermyndoelwitte jou help fokus. Betaal byvoorbeeld so gou moontlik jou kredietkaartskuld af.
  5. Begroting Stel ’n begroting op sodat jy maklik binne jou perke kan leef. Dit is belangrik om jouself te beloon, maar besluit liewer wat in jou finansiële belang is as om jou vriende met die jongste statussimbole te beïndruk.

  • Die eenrandgesin se storie word in vier weeklikse episodes op e.tv vertel (Maandag tot Donderdag om 17:25), asook elke Maandag in webepisodes.
  • Doen by onerandfamily.co.za die “Wat is jou geldpersoonlikheid?”-toets oor emosies wat jou geldgedrag bepaal en leer oor ’n goeie verhouding met geld.

Sanlam is ’n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste.