1. Sluit by die biblioteek aan en kry al jou leesstof gratis.
  2. Skryf ’n week lank alles neer wat jy by die werk koop om te eet en te drink. Jy sal vinnig agterkom hoeveel jy kan spaar as jy jou eie kos inpak. Neem ook jou eie koffiemaker kantoor toe.
  3. Moenie kontant saamneem werk toe nie, dan sal jy nie in die versoeking kom om onnodig dinge te koop nie.

- Elna van der Merwe