Hier is vyf “alledaagse” goed wat jy heeltemal verkeerd doen:

1. Asemhaal

Mense haal sowat 20-30 keer per minuut asem. Dis dan so natuurlik; hoe kan jy dit enigsins verkeerd doen? Maar daar is ’n regte manier van asemhaal.

As jy jou skouers oplig en jou bors uitstoot terwyl jy asemhaal, doen jy dit beslis verkeerd. Pleks daarvan moet jy jou diafragma, wat onder jou longe geleë is, gebruik om asem te haal. 

Weet jy nie hoe om deur jou diafragma asem te haal nie?  Hier is ’n paar wenke van pe2000.com. Sit regop en kyk reguit voor jou uit. 

  • Plaas jou een hand op die boonste deel van jou borskas en hou die ander een oor jou diafragma. (Jou doelwit is dat die onderste hand eerste moet oplig wanneer jy inasem.)
  • Asem liggies in en uit, wag ’n sekonde of twee tot jou liggaam spontaan met die inaseming begin – dit sal natuurlik en vanself gebeur.
  • Laat die lug natuurlik weer invloei tot dit ophou, weer vanself. Moet jou glad nie inspan om die inaseming op enige wyse te verdiep nie. Jy laat jou liggaam sy eie natuurlike koers van asemhaling vind, en deur te ontspan, laat jy jou asemhaling stadiger en vlakker word. Onthou, jou doel is om te ontspan en jou “natuurlike kalmeermiddel” te bewaar – om die uitwerking teen te werk van die verlies van koolstofdioksied weens angstige, vinnige bo-borskas-asemhaling
  • Doen dit 10-15 minute per dag.

Korrekte asemhaling kan spanning hokslaan, jou uithouvermoë verhoog en jou bloeddruk verlaag.

Haal asem. Foto: Getty Images

2. Bad of stort

Wie het gedink bad of stort kan skadelik wees? Volgens elitedaily.com kan die buitenste laag van jou vel beskadig word as jy elke dag meer as een keer bad of stort. Dit maak jou vatbaarder vir siektes. 

Slaan gerus ’n bad of stort oor – jou vel kort ’n blaaskans!

Oormatige bad of stort beskadig jou vel. Foto: Getty Images

3. Tande borsel

Niemand wil ’n onwelriekende asem hê nie, maar om jou tande meer as twee keer per dag te borsel, kan ernstige skade veroorsaak. Dit kan taamlik grof op jou tande wees en die emalje afslyt. 

Sorg dat jy meer vlos borsel, want so raak ’n mens van kosdeeltjies ontslae wat ’n onaangename reuk kan veroorsaak. Dis ook minder skadelik as ’n tandeborsel. 

Borsel jou tande! Foto: Getty Images

4. Sit

Lang tye se gesit kan verwoesting in jou liggaam saai, sê huffingtonpost.com.

“Sit is gevaarliker as rook, maak meer mense dood as MIV en hou groter gevaar in as valskermspring. Ons sit onsself dood,” sê dr. James Levine, direkteur van die Mayo-kliniek.

Langdurige sittery kan ook ernstige siektes soos verskeie soorte kanker, hartkwale en tipe 2-diabetes veroorsaak. 

Pleks van heeldag agter jou lessenaar sit, staan elke dan en wan op om jou bene te rek.

Strek jou bene en vermy om heeltyd by jou lessenaar te sit. Foto: Getty Images

5. ’n Piesang afskil

Hoe kan jy enigsins ’n piesang verkeerd afskil? Baie mense begin skil ’n piesang van bo af, maar dit is die verkeerde manier.

Ape het ’n heel ander benadering. Hulle begin onder, knyp en skil terug na die stam van die boom. Volgens urbo.com sorg dit vir ’n makliker skil-ervaring sonder dat die piesang gekneus word.

Skil ’n piesang op die regte manier. Foto: Getty Images