Advent main

JUIG saam en wees bly! Ons tel die dae af tot Kersfees, daardie heilige dag op die Christelike kalender wat die geboorte van Jesus en sy boodskap van hoop, vrede en liefde vier. Die dag, en die weke daarvoor, is van wonderlike tradisies omgewe, sommiges deur die kerk geïnspireer, en ander persoonlik. Ek hou vreeslik van die tradisie van Adventkalenders – ’n baie spesiale manier om die 24 dae voor hierdie spesiale feesdag af te tel.

Alfie and Herman Toe ek en my broer Herman grootgeword het (dis ons op die foto), het ons nie Adventkalenders gehad nie, maar toe my dogter klein was, was die kalenders vir my ’n spesiale manier om die Kersverhaal met haar te deel terwyl sy weglê aan die snoepgoed wat agter elke syfer weggesteek was. Sy was mal oor die idee, en herinneringe aan haar toenemende opwinding bly van my kosbaarste oomblikke uit haar kindertyd. Baie winkelkalenders het lekkers in, maar as jy jou eie kalender maak kan jy dit met ander dinge ook vul wat persoonlike betekenis het (lees my lysie aan die einde). Hier is ’n paar kalenderidees om jou te inspireer. Ouer kinders sal dit dalk geniet om saam met jou een te maak. Ek hoop jy geniet die afwagting saam met jou gesin. Elfkousies [caption id="attachment_58641" align="alignnone" width="450"]Foto’s oorgespeld van indulgy.com (links) en etsy.com Foto’s oorgespeld van indulgy.com (links) en etsy.com[/caption] Is hierdie minikousies nie te dierbaar nie? Dié aan die linkerkant is kindersokkies wat met klein pennetjies aan ’n stuk stewige lint vasgesit is. Die skattige kousies regs is van oorskiet-katoen en goiing gemaak en met stukkies kant, lint, strikkies en knopies versier, en dan vasgespeld aan ’n opgestopte muurbehangsel wat met tou versier is.  Sakke vol pret

[caption id="attachment_58631" align="alignnone" width="450"]Foto’s oorgespeld van Carrie Thomas (links) en printyourparty.com Foto’s oorgespeld van Carrie Thomas (links) en printyourparty.com[/caption]

Bruin of helder papiersakke is veral prakties as jy bederfies vir meer as een kind wil inpak. Skryf die nommers op die sakke of skryf dit soos hier op die krytbord of die pennetjies. [caption id="attachment_58644" align="alignnone" width="250"]Foto oorgespeld van visualheart.wordpress.com Foto oorgespeld van visualheart.wordpress.com[/caption] Van pennetjies gepraat: Nicol, ’n blogger wat in Kaapstad gebore is maar nou in Vancouver, Kanada, woon, het hierdie houtpenne met akrielverf versier en dit toe op die rugkant van ’n raam vasgegom om ’n herbruikbare Adventkalender te skep. Gaan kyk hier na nog foto’s van haar projek. Handwerkpret vir kleingoed [caption id="attachment_58642" align="alignnone" width="600"]Foto’s oorgespeld van 2jacs.blogspot.com (left) en Little Ninny Foto’s oorgespeld van 2jacs.blogspot.com (left) en Little Ninny[/caption] Hier’s ’n naweekprojek om die kinders mee te vermaak. Laat hulle koerant- of bruinpapier met stempels of verf versier en rol dit dan in keëls op. Voeg nommers by en hang dit op. Jy kan die inhoud (lees die idees aan die einde) binne-in versteek wanneer hulle nie kyk nie sodat jy nie hul verrassing bederf nie. Dink in die boksie

Vuurhoutjieboksies is baie oulike houers vir Adventkalender-verrassings. Hier is twee variasies op die tema.

[caption id="attachment_58638" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van lookiewhatidid.blogspot.ca Foto oorgespeld van lookiewhatidid.blogspot.ca[/caption]

Die nederige vuurhoutjieboks word in dié projek vreeslik glansryk. Maak dit met plakboekpapier, stukkies afknipsel en kant, gespes en strikke plus ’n verskeidenheid ontwerpe vir die syfers. [caption id="attachment_58639" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van thriftycraftygirl.com Foto oorgespeld van thriftycraftygirl.com[/caption] Agt rye van drie boksies kom netjies uit op 24 Adventsdae. Die aanwysings vir dié kompakte kalender is hier. <<please add link to http://www.thriftycraftygirl.com/2012/12/matchbox-advent-calendar.html>> Net mooi my tipe [caption id="attachment_58640" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van theeclecticlife.wordpress.com Foto oorgespeld van theeclecticlife.wordpress.com[/caption] Omdat ek in die drukkersbedryf is, val ek maklik vir lettertipes. Hierdie klein boksies met hul kreatiewe gebruik van lettertipes en agtergrond staan my regtig aan. Vrolike venstertjies

[caption id="attachment_58645" align="alignnone" width="230"]Foto oorgespeld van applepielovefordetails.blogspot.com Foto oorgespeld van applepielovefordetails.blogspot.com[/caption] Hierdie antieksjiek drukkerskinkbord is baie geskik vir ’n Adventkalender omdat die venstertjies gereed staan vir wat jy ook al daarin wil plaas om die dae tot Oukersdag af te tel (lees die idees hieronder). ’n Lappie materiaal Nadat ek jare lank winkel-Adventkalenders gekoop het, het ek uiteindelik ’n pragtige een gekry wat van vilt gemaak is en wat ek elke jaar kon vul met skatte wat ek self gekies het. As jy knap is met ’n naald en gare kan jy jou deur hierdie lapskeppings met hervulbare sakkies laat inspireer.

[caption id="attachment_58633" align="alignnone" width="300"] Foo oorgespeld van crateandbarrel.com Foo oorgespeld van crateandbarrel.com[/caption]

Hierdie helder muurbehangsel is van vrolike stukke lap deur die Finse ontwerpmaatskappy Marimekko gemaak. Jy kan iets ewe moois prakseer van die groot verskeidenheid shweshwe-materiale wat in blou en rooi beskikbaar is.

[caption id="attachment_58634" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van indulgy.com Foto oorgespeld van indulgy.com[/caption]

Appliekwerk, borduurwerk en knopies verfraai hierdie vrolike sakkies.

[caption id="attachment_58635" align="alignnone" width="300"]Oorgespeld van notonthehighstreet.com Oorgespeld van notonthehighstreet.com[/caption]

Vlaggies is vreeslik in die mode in kinderdekor – en hoe slim om dit as inspirasie vir ’n Adventkalender in te span. Ek is mal oor die verskeidenheid rooi materiale op die eenvoudige agtergrond. [caption id="attachment_58636" align="alignnone" width="207"]Foto oorgespeld van julegleder.blogspot.com Foto oorgespeld van julegleder.blogspot.com[/caption] Hierdie muurbehangsel spel duidelik uit dat dit Kersfees is. Rooi viltsakkies is met komberssteek afgerond en die rooi borduursel voeg ’n tikkie feestelike vrolikheid by. Dis slim om ’n Bethlehemster (sit Velcro agterop vas) in te span om te wys by watter dag julle trek. O Kersfeesboom [caption id="attachment_58637" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van pinksuedeshoe.com Foto oorgespeld van pinksuedeshoe.com[/caption] Hierdie idee is nie eintlik nuut nie, maar ek is mal oor die keëlboompies waaronder die skatte weggesteek is. Kry die aanwysings en patrone hier. WAT OM IN DIE ADVENTKALENDER WEG TE STEEK

Ek het ’n suikertand en sal dus die laaste een wees om die idee van sjokolade in Adventkalenders af te kraak. Hier is ’n paar inspirasies – meng ’n klompie daarvan om die verrassing groter te maak.

Snoepgoed

Pakkies piepklein koekie

Klein pakkies droëvrugte, staptogmengsel of neute

Malvamuisies, stokkielekkers, minipakkies jellielekkers

En natuurlik sjokolade – maar wees versigtig vir die Suid-Afrikaanse hitte! Hou die kalender op ’n koel plek as jy sjokolade kies, of hou die sjokolade koel en glip dit net voor die dag se openbaring in.

Stof tot nadenke

Tik kort deeltjies van die Kersverhaal uit en lees dit in die loop van die 24 dae vir jou kinders.

Doen dieselfde met versies of inspirerende aanhalings deur beroemde mense.

Skryf kaartjies met “Redes waarom ek vir jou lief is”.

Pret en plesier

Partygeskenkies is perfek – en voeg ekstra by op die dae wanneer maatjies kom speel sodat almal in die pret kan deel.

Een of twee klein, goedkoop speeldinge.

Kryte, rubberstempels, plesierige penne.

Inkleurprente en raaisels wat van die internet afgelaai is.

Beplan ’n verrassingsuitstappie oor die naweek en kondig dit in die kalender aan.

Steek ’n skattejag-leidraad in die kalender sodat ouer kinders na hul verrassing kan gaan soek.

Handgemaakte bewyse vir spesiale bederfies soos ’n roomys wanneer julle weer in die inkopiesentrum is, ’n ekstra beurt op die iPad, ’n Saterdagoggend saam met pappa of wat ook al jou kind se ogies sal laat blink.

[caption id="attachment_58643" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van godegrunner.blogspot.com  Foto oorgespeld van godegrunner.blogspot.com[/caption]

Toegedraaide geskenke, bederfies in sakkies en opgerolde boodskappies is aan hierdie tak opgehang. Ek wens ek het geweet wat alles daarin is!

– Alfie Steyn

Alfie Alfie Steyn is Huisgenoot en YOU se produksieredakteur en ook ’n geesdriftige selfdoener. Sy is verantwoordelik vir Huisgenoot en YOU se dekor- en selfdoeninskrywings op die sosiale netwerktuiste Pinterest.

Volg Huisgenoot op Pinterest