As jy een van ál meer Suid-Afrikaners is wat op 31 Oktober graag ’n Halloween-partytjie hou, kan jy gerus kyk na hierdie pret-dekoridees wat ons blogger vandeesweek op Pinterest raakgeloop het. EK HET nog altyd ’n bietjie onseker oor Halloween gevoel. Aan die een kant is ek mal oor ’n lekker partytjie, maar aan die ander kant haat ek dit om bang gemaak te word. Spoke, hekse, zombies, vlermuise en sulke kreature is dus vir my ’n uitdaging. Maar in die gees van die geleentheid deel ek hierdie “Halloween Lite”-idees wat darem nie te veel aan die senuwees sal skaaf nie. 1 Tuinskimme

[caption id="attachment_56560" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van listotic.com Foto oorgespeld van listotic.com[/caption] Verwelkom partytjiegaste met ’n kring vriendelike spoke. Dis maklik om te maak met polistireenskuimballe, tuinpale en vierkante moeseliendoek wat by die hoeke aan mekaar vasgebind is. Die aanwysings is hier. 2 Steek ’n kers op [caption id="attachment_56556" align="alignnone" width="400"]Foto oorgespeld van imperialsugar.com Foto oorgespeld van imperialsugar.com[/caption] Werp ’n spokerige gloed oor die partytjie met dié mooi versuikerde selfdoen-kershouer. Jy sal die aanwysings hier kry.  In die nuutste uitgawe van Huisgenoot (24 Oktober) is daar heerlike Halloween-dekoridees en ook ’n vlermuispatroon wat jy hier kan aflaai. 3 Liggies in die donker [caption id="attachment_56558" align="alignnone" width="400"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption] Hierdie maklike fles-kershouers is vandeesweek op die selfdoenblaaie in Huisgenoot (24 Oktober) te vind. Die tydskrif het nog vele ander slim idees ook vir Halloween-dekor. Jy kan Halloween-patrone van ons dekorblad hier aflaai. 4 Die skadusy [caption id="attachment_56565" align="alignnone" width="250"]Foto oorgespeld van removeandreplace.com Foto oorgespeld van removeandreplace.com[/caption] Skep vriendelike betowering met silhoeëtte in die vensters. Al wat jy nodig het, is swart plakkaatpapier en skêre of ’n handwerkmessie. Skep ’n heksskadu of vergroot een van die katte op Huisgenoot se dekorblad en plaas dit strategies op ’n vensterbank. 5 Ballonspoke [caption id="attachment_56553" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van homeklondike.com Foto oorgespeld van homeklondike.com[/caption] Ek is gek oor hierdie idee vir die versiering van die kostafel – en die monsteragtige bak pampoensop. Sommige winkels het Halloween-ballonne – of maak jou eie met ’n kokipen met ’n stomp punt. 6 Wys slagtande

[caption id="attachment_56564" align="alignnone" width="300"]Oorgespeld van Kristeen Rogers Foto oorgespeld van Kristeen Rogers[/caption] Is jy lus vir ’n happie? Swart borde, rooi servette en plastiek-vampierslagtande as servethouers – dis skrik met styl! 7 Agter die krakende deur [caption id="attachment_56554" align="alignnone" width="400"]Oorgespeld van cotcozy.com Foto oorgespeld van cotcozy.com[/caption] Ryklik versierde kershouers op die kaggelrak, ’n reusespieël en ’n swerm vlermuise gee dié kamer ’n heerlike spookgevoel. 8 Vir die kleinspan [caption id="attachment_56561" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van beadandcord.com Foto oorgespeld van beadandcord.com[/caption] Ouer kinders kan help om spoke soos hierdie vrolike vent te maak. Sny oë, ’n neus en ’n mond uit ’n swart papierbord, plak ’n oranje papierbord agterop en druk ’n gaatjie deur elke bord om dit op te hang. Maak ’n paar en hang hulle een-een op of in ’n ry aan ’n tou. 9 Hoede af! [caption id="attachment_56555" align="alignnone" width="250"]Foto oorgespeld van Kristeen Rogers Foto oorgespeld van Kristeen Rogers[/caption] Dié swewende hekshoede en besem het Kristeen Rogers laat dink aan die swewende kerse in die Harry Potter-boeke en -flieks. Wys my waar die eetsaal is! 10 Spoelbak-spook [caption id="attachment_56563" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van canadiannickelscrapn.blogspot.com Foto oorgespeld van canadiannickelscrapn.blogspot.com[/caption] Ek glimlag elke keer as ek na dié foto kyk. Skep jou eie spooktoilet deur ’n stuk swart papier (plakboek- of projekpapier) skuins te knip, gate vir die oë uit te knip, vingers by te voeg en die spulletjie teen die spoelbak vas te plak. Druk dan met ’n gaatjiedrukker pupille uit die papier en plak dit in die oë. 11 Spookkoekies [caption id="attachment_56562" align="alignnone" width="300"]Foto oorgespeld van kempenfeltcakes.com Foto oorgespeld van kempenfeltcakes.com[/caption] Kolwyntjies is volmaakte partytjiekos want jy kan hulle versier om by enige tema te pas. Ek is mal oor die Jack Skellington-tema met wit uitrolversiersel en swart detail wat opgespuit is. 12 Monsterhuis

Foto oorgespeld van Jessica M.

Voel dit of iemand jou dophou? Die huis se ontwerp smeek om versier te word. Die eienaars het eenvoudig ’n paar onheilspellende oë en oorgroot slagtande bygevoeg (gebruik wit projekpapier met stukkies groen en swart papier of plakkaatverf) om hul inwonende monster bekend te stel.

– Alfie Steyn

Volg Huisgenoot op Pinterest