So baie van ’n mens se huislewe vind in die kombuis plaas dat dit dikwels ’n uitdaging is om bêreplek te kry vir alles van potte en panne tot delikate glasware en skoonmaakmiddels. Hierdie idees wat ons op die fotodeel-webtuiste Pinterest gekry het, wys hoe jy die meeste bêreplek uit jou kombuis kan kry.

Hang dit hoog

[caption id="attachment_81770" align="aligncenter" width="390"]Foto gespeld van BobVila.com Foto gespeld van BobVila.com[/caption]

Hou steelglase uit die pad met hierdie nuttige reling. Skroef eenvoudig stroke T-vorm [T-moulding] (beskikbaar by ysterwarewinkels) onder ’n boonste kombuiskas of in ’n rak in ’n kas. Spasieer die stroke volgens die grootte van die glase se voet, maar los ’n paar millimeter speling sodat die glase maklik in- en uitskuif.

Skraal kans

[caption id="attachment_81771" align="aligncenter" width="506"]Foto gespeld van houzz.com Foto gespeld van houzz.com[/caption]

Tradisionele smal, diep besemkaste is nie altyd die beste vorm nie – ek moet die hele kas gereeld uitpak, want dit wat ek wil hê, is heel agterin. Hierdie weergawe, wat netjies langs die koelkas ingebou is, is baie makliker om toegang tot te kry. Jy kan selfs een agter ’n deur sit as daar genoeg ruimte is. Jy sal dalk ’n nutsman of meubelmaker hiervoor nodig kry.

Maklik bereikbaar

[caption id="attachment_81772" align="aligncenter" width="285"]Foto gespeld van familyhandyman.com Foto gespeld van familyhandyman.com[/caption]

’n Ander deel wat ook in baie huise ’n probleem is, is die kas onder die wasbak. En hier is die oplossing tog so brijlant. Pasgemaakte bêrebokse word op laairelings gesit sodat jy die regte skoonmaakmiddel kry wanneer jy dit soek. Kry aanwysings hier as jy ’n bedrewe nutsman in die huis het.

Beplande rolverdeling

[caption id="attachment_81773" align="aligncenter" width="450"]Foto gespeld van bloglovin.com Foto gespeld van bloglovin.com[/caption]

Terwyl jy die ruimte onder die wasbak netjies maak, kan jy hierdie idee ook inspan. Hout-tappenne op gordynstok-houers hou drom-voerings en vullissakke netjies en maklik bereikbaar.

Bordspeletjies

[caption id="attachment_81774" align="aligncenter" width="285"]Foto gespeld van Debra Krause Foto gespeld van Debra Krause[/caption]

Snyplanke kry ’n lekker bêreplek met ’n tydskrifrak wat aan die deur van ’n kas geheg is. Die meeste rakke in kaste sit gelyk met die deur; dus sal jy ’n middelrak moet sny om die houer te laat pas.

Sit alles in een mandjie

[caption id="attachment_81775" align="aligncenter" width="285"]Foto gespeld van familyhandyman.com Foto gespeld van familyhandyman.com[/caption]

Vrugtemandjies lyk pragtig op ’n toonbank, maar dit neem soveel waardevolle ruimte in beslag. Hier is dus drie maniere om vrugte en groente uit die pad maar steeds in die oog te hou.

Ek hou van hierdie mandjie reg langs die kraan om vrugte maklik af te spoel. Die mandjie laat ook lug sirkuleer sodat alles gelyk ryp word.

[caption id="attachment_81776" align="aligncenter" width="300"]Foto gespeld van abitaboutus.blogspot.com Foto gespeld van abitaboutus.blogspot.com[/caption]

Hierdie mandjies is eintlik planthouers. Jy kan hulle direk aan die muur heg, of jy kan soos Melissa, die ma en blogger wat die foto gespeld het, die muur beskerm deur karton vir elk van die mandjies uit te sny en dit met materiaal toe te gom.

[caption id="attachment_81777" align="aligncenter" width="250"]Foto gespeld van thehomesteadsurvival.com Foto gespeld van thehomesteadsurvival.com[/caption]

Dekoratiewe draad-tydskrifhouers word hier gebruik vir vrugte en groente wat nie in die koelkas kom nie.

Haak en pak

[caption id="attachment_81778" align="aligncenter" width="440"]Foto gespeld van Lindsey Williamson Foto gespeld van Lindsey Williamson[/caption]

Daar is ’n wye verskeidenheid haakstelsels vir kombuise beskikbaar. Ek is net mal oor hierdie stelsel; die slim gebruik van die wit plantpotte om kleiner items te hou. So slim en so stylvol.

- Alfie Steyn