•  “Almal het ’n las. Wat tel, is hoe jy dit dra.”
  •  “Doen al die goeie dinge wat jy kan, op al die maniere waarop jy kan, op al die plekke waar jy kan, op alle tye dat jy kan, vir al die mense wat jy kan, vir solank as wat jy kan.”
  • “Laat jou lewe iets beteken oor wat jy daarmee doen, en nie hoe oor jy lyk terwyl jy uitgehonger deur die lewe gaan nie.”
  •  “Iemand se rykdom is gelyk aan die goeie dinge wat hy of sy in die wêreld doen.”
  •  “Die lewe is ’n geleentheid, trek voordeel daaruit. Die lewe is skoonheid, bewonder dit. Die lewe is ’n droom, verwesenlik dit. Die lewe is ’n uitdaging, aanvaar dit. Die lewe is ’n plig, kom dit na. Die lewe is ’n avontuur, waag dit. Die lewe is ’n lied, sing dit. Die lewe is geluk, skep dit. Die lewe is te kosbaar, moenie dit vernietig nie. Die lewe is die lewe, veg daarvoor.”
  • “Dis beter om gehaat te word vir wie jy is as om geliefd te wees vir wie jy nie is nie.”
  •  “Wat ook al vir jou die moeilikste is om te doen, doen dit met jou hele hart.”
  • “’n Goeie kop en ’n goeie hart is ’n gedugte kombinasie.”
  •  “Jou hart is jou ghoeroe.”
  • “Moenie dat enigeen jou behandel asof jy onbelangrik is omdat jy jonk is nie. Wees met jou woorde, dade, liefde en geloof ’n voorbeeld vir dié wat in jou glo.”

-Janine Nel