Vanaand se program:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Astrid maak seker dat sy van Hermien ontslae raak, maar Hermien gaan nie padgee voor sy ’n opspraakwekkende stukkie inligting verklap nie. Stef kan nie glo Astrid het hom nog ’n leuen vertel nie.

18:27 7de Laan (SABC 2): Die arme Nthabi beleef nóg ’n krisis met haar taak. Is Annelie se werk belangriker as haar verhouding met Pieter? Hoe lank gaan hy bereid wees om tweede viool te speel.

19:00 Go On (M-Net): Reeks begin. Kort nadat ’n radio-sportomroeper sy vrou verloor het, is hy vuur en vlam om terug te keer werk toe, maar sy baas is oortuig dit is nie ’n goeie idee nie.

19:30 Modern Family (M-Net): Ná ’n argument raak Mitch deel van ’n veldtog om ’n ou boom in die parkie te help red.

20:00 Bette! (e.tv): Bette wil wys sy is gesofistikeer en wurm haar in by Tim Curry se nuwe opvoering van Shakespeare se Hamlet.

22:35 Hangman (e.tv): ’n Reeksmoordenaar martel sy slagoffer met Hangman-speletjies wat oor die internet gestuur word. Met Lou Diamond Phillips.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.