Wat jy gerus vanaand kan kyk:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Hermien wil met ’n spesiale gebaar vir Astrid wys sy gee werklik vir haar om. Lerato wil Petrus steeds oortuig sy moet Reinier ’n kans gee om in Bakgat te sing. Charl wil sy pa saamneem Namibië toe.

19:30 Kwêla (kykNET): Die Gautrein het ’n spesiale treindrywer, André Golden. Hy laat elke pendelaar met ’n glimlag welkom voel en elke gereelde passasier weet al van hom.

20:00 Bette! (e.tv): ’n TV-geselsprogram maak dat Bette verkeerdelik as ’n heldin verheerlik word.

20:30 Elementary (M-Net): Sherlock is op die spoor van ’n onvoorspelbare misdadiger en word gedwing om saam te werk met Kathryn Drummond, ’n FBI-lid.

22:00 Supernatural (SABC 3): Reeks eindig. Castiel verwyder Sam se geheue om Dean besig te hou.

Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.