Wat is vanaand op die kassie?

17:30 Maatband (kykNET): Meer as 50 persent van mans en ’n toenemende aantal vroue is bles of ly aan die een of ander vorm van haarverlies en/of haarverdunning. Dr. Riekie Smit demonstreer op ’n pasiënt hoe mediese inspuitings bloedsirkulasie kan bevorder, wat haarverlies kan voorkom of verminder.

18:27 7de Laan (SABC2): Errol en Charmaine is geskok toe die dokter hulle inlig oor onverwagte komplikasies ná sy beenoperasie.

19.30 Kwêla (kykNET): Coenie gesels met Stef Bos oor sy Van Riebeeck-penning, asook met die gewilde skrywer Chanette Paul.

19:30 Mooiloop! (SABC2): Vanaand besoek Valiant Swart en Denvor Phokaners ’n paar besonderse dorpies in KwaZulu-Natal.

20:30 The Mentalist (M-Net): Jane hou aan om Lorelei te soek terwyl die res van die span ’n raaiselagtige ontvoering bekyk.

21:30 CSI (M-Net): Toe CSI New York se Mac Taylor besluit om sy meisie in Las Vegas te verras vind hy uit sy word vermis en vra DB om hulp.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.