Wat is vanaand op die kassie?

18:00 Guys with Kids (M-Net): Chris besluit om Ernie se eerste verjaardagpartytjie te reël, maar stuur dinge in ’n onverwagse rigting.

19:30 Kwêla (kykNET): Die Feite & Geite videokompetisie begin en die gaste vanaand sluit in langafstandswemmer Cecilia Schutte en die sanger Elvis Blue, wat sopas sy eerste Afrikaanse album bekendgestel het.

20:30 The Mentalist (M-Net): Die CBI stel ondersoek in wanneer ’n vroulike weermag medikus se lyk naby ’n militêre basis gevind word.

20:30 Reis na Gister (kykNET): Voormalige Springbokafrigter Peter de Villiers wys vir aanbieder Jak de Priester waar hy in die Paarl in die Wes-Kaap grootgeword het en steeds woon.

20:30 The Ultimate Braai Master (SABC3): Die ag oorblywende spanne steek die grens oor na Lesotho. Hulle onderneem ’n reis van twee dae ter perd en vir van die spanne raak die druk te veel.

21:30 Pretty Little Liars (M-Net Series Showcase): Spence ontdek die waarheid omtrent Toby. Paige en Caleb werk saam om Mona aan te vat en Aria het ’n onderonsie met Meredith.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.