18:28 7de Laan (SABC 2): Gaan Nadia Dewald se slegte voorbeeld volg? Vanessa ontdek iets skokkends.

18:30 Binneland (kykNET): At kry ’n nuwe bondgenoot en dis slegte nuus vir Delia. Sonja en Pippa het ’n nuwe huppel in hul stap.

19:30 Kwêla (kykNET): Elvis Blue kom sing saam met Coenie ’n Afrikaanse weergawe van Nkosi Sikilel’ iAfrika wat hulle ’n paar jaar gelede opgeneem het en dra dit op aan oudpres. Nelson Mandela. Suzaan gaan gesels met prof. Russel Botman, die rektor van die Universiteit Stellenbosch. Die voorlaaste streekwenner van die Dorp van die jaar-wedstryd word bekendgemaak.

20:01 Strictly Come Dancing (SABC 3): Die manlike bekendes dans of die rumba of die foxtrot, terwyl die vroue die Argentynse tango aanpak. Die gehoor kan nie tydens hierdie episode stem nie, maar die punte wat die beoordelaars gee, tel en sal na die derde episode oorgedra word.

20:30 The Mentalist (M-Net): Lisbon raak ál meer betrokke by die wedywering tussen die CBI en FBI.

20:30 10 uit 10 (kykNET): ’n Kykie na 10 van Suid-Afrika se gunsteling-rugbykapteins.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die programinligting waarborg nie. Netwerke pas hul programrooster volgens hul eie diskresie aan.