Karen Meiring, MNET: Direkteur van Afrikaanse kanale, het tydens haar toespraak kykNET se 15de verjaardagvieringe geloots met ‘n terugblik op die geskiedenis van kykNET.

Die toekennings is hierdie jaar in twee afdelings verdeel. In die eerste afdeling kom die volledige aanbod van Afrikaanse filmvrystellings vanaf 1 September 2013 – 31 Augustus 2014 in aanmerking vir die Jaarlikse Nasionale Silwerskermtoekennings. In die tweede afdeling is die films wat by die fees geloots is, asook die kortfilm kategorieë. Die kortfilms word gedurende die fees deur ‘n paneel beoordeel terwyl die feesgangers vir die beste feesfilms gestem het. Die nominasies is op Saterdag 30 Augustus 2014 bekendgemaak en sluit kategorieë in vir Beste kortfilm, Beste Feesfilm asook Kykerskeuses.

Die wenners is:

KORTFILMS

BESTE KORTFILM - Vuil Wasgoed

KORTFILM REGISSEUR - Travis Taute & Nosipho Dumisa - Nommer 37

KORTFILM AKTEUR - Stian Bam: Trippie

KORTFILM AKTRISE - Nicola Hanekom: Trippie

KORTFILM TEKS - Daryne Joshua: Nommer 37

SPESIALE BENOEMING: NUWE IKOON -Albert Pretorius

SPEELFILMS

BESTE FILM - Die Windpomp

REGISSEUR - Etienne Fourie: Die Windpomp

VROULIKE BYSPELER- Marga van Rooi: Die Windpomp

MANLIKE BYSPELER- Marius Weyers: Pad Na Jou Hart

AKTEUR - Louw Venter: Konfetti

AKTRISE - Anna-Mart van der Merwe: Stuur Groete Aan Mannetjies Roux

OORSPRONKLIKE MUSIEK- Johnny De Ridder: Die Windpomp

TEKS- Etienne Fourie: Die Windpomp

REDIGERING- Dwaine Faria Carrao (Pad Na Jou Hart)

BESTE FILM NIE IN AFRIKAANS - Forgotten Kingdom

SPEELFILMS BY FEES

KENNER KEUSE - Hollywood In My Huis

GEHOOR-GUNSTELING- Hollywood In My Huis

GEHOOR-GUNSTELING AKTRISE- Christia Visser (Hollywood In My Huis)

GEHOOR-GUNSTELING AKTEUR- Deandre Reiners (Seun)