’n Huis moet ’n tuiste wees.

22_Sept[1]

’n Tuiste weerspieël ’n mens se karakter op sy beste – jou hoop, herinnerings, geite en voorliefdes. Maar alte dikwels in die proses om die volmaakte tuiste te skep, word die badkamer agterweë gelaat.

Party mense dink die badkamer is bloot funksioneel en vergeet om die huis se algehele styl daar ook toe te pas. Ander woon al so lank in hul huis dat die badkamer wat vroeër jare by hul persoonlikheid gepas het, nie meer weerspieël wie hulle is nie.

Die badkamer moenie ’n klein ruimte wees wat tussen leef- en slaapgedeeltes ingedruk is of in die verste hoek van die huis wegkruip nie - iets om oor skaam te wees en ver weg te hou van die res van jou woonplek.

Jou badkamer moet wys wie jy is, nes elke ander vertrek in jou huis. Jy verdien die badkamer wat jou wese uitstraal tot in elke hoek en vanuit elke teël. Nou is die tyd om jou persoonlikheid in jou badkamer te vertoon. Dit is nou die tyd vir #MakeItYours. Tile Africa glo elkeen verdien om in ’n huis te woon wat wys wie hulle is. Kyk na ons spesiale aanbiedings op teëls en badkamerware en maak jou badkamer joune.

WEN!

Tile Africa gee ’n R30 000-geskenkbewys weg om te bestee aan jou droombadkamer. Laai ’n foto van jou huidige badkamer en die een waarvan jy droom op Tile Africa se webblad.

Daar is ook al om die ander week ’n R2 500-geskenkbewys te wen.

Is jy gereed om jou badkamer joune te maak? Volg die skakel bo vir nog inligting oor die kompetisie.