Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die Voëls, is geïnspireer deur die ware liefdesverhaal van twee lesers, Irma en Sampie de Klerk van Newcastle. Dis ’n verhaal vol eerlike emosie wat jou hartsnare sal roer en jou ewig sal bybly.

G'n wonder dit is die vyfde grootste Afrikaanse lokettreffer van alle tye nie! ’n Ware versamelstuk!

Die fliek is spesiaal gemaak om Huisgenoot se 100ste verjaarsdag in 2016 te vier.

En as jy om die een of ander rede Vir die Voëls misgeloop het toe dit in fliekteaters gedraai het, moenie bekommerd wees nie: Jy het nog kans om dié Afrikaanse fliek te sien. Die DVD daarvoor is pas uitgereik en by Takealot, Musica, CNA, Shoprite- en Checkers-winkels beskikbaar. wenvdvweb WEN!

Om die uitreiking van die Vir die Voëls-DVD te vier, gee Huisgenoot aan 50 gelukkige persone die kans om dit te wen.

Beantwoord die onderstaande kompetisievraag, voltooi die vorm en stuur dit in voor 12 Maart 2017 om 12:00 om in aanmerking te kom.

Kompetisievraag: Vir watter verjaarsdag van Huisgenoot is Vir die Voëls verfilm?

HIERDIE KOMPETISIE HET ONGELUKKIG REEDS GESLUIT.