Selfs diegene wat te jonk is om Koöperasiestories te onhou ken vir Mietie, Veldsman en Genis. PG du Plessis se woorde, beelde en karakters is met deernis en humor vir die verhoog verwerk en gaan almal opnuut laat lag en huil.

Die draaiboek is verwerk deur Alexa Strachan en die regie is behartig deur niemand anders nie as die teaterlegende Sandra Prinsloo.

Die rolverdeling sluit in Chris van Niekerk, Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, De Klerk Oelofse en Carel Nel.

Kyk hier na 'n agter-die-skerms-video:

WEN!

Ons het twee dubbelkaartjies om weg te gee na Sondag, 12 Maart 2017, se vertoning by Hoërskool Stellenbosch. Die vertoning begin om 18:30.

Om in aanmerking te kom, vul die onderstaande vorm in voor 09:00 op 10 Maart 2017.

Let wel: die wenners is self verantwoordelik vir hul eie vervoer na en van die vertoning.

HIERDIE KOMPETISIE HET ONGELUKKIG REEDS GESLUIT.