Deur Londiwe Dlomo

Cameron, hoe het jy betrokke geraak by dié projek? 

Ek het al my doelwitte bereik en ek het gewonder wat ek volgende kan aandurf. Ek het toe die geleentheid gekry om die swemmer Giulio Zorzi af te rig, om al my kennis en ervaring aan hom oor te dra. Dit was die moeite werd, want hy het verlede jaar ’n bronsmedalje tydens die Wêreldkampioenskapsbyeenkoms gewen. Om die opwinding en geluk op sy gesig te sien en wat dit vir hom beteken en hoe dit my laat voel het, het my laat besef dis iets waaroor ek passievol voel.

Watter vaardighede as mentor dink jy kan jy oordra aan die wenner?

Ek dink wat jy ook al wil doen, dis altyd die moeite werd om doelwitte te stel, iets waarna jy elke dag kan werk. As jy iemand in die regte rigting druk deur hulle vaardighede te leer wat hulle nodig het om daar uit te kom, het jy daardie kind gehelp.

Hoe was jy as ’n tiener?

Ek was ’n heel ander mens; ek dink steeds nie ek is anders as ander mense nie. Ek het beslis verander, maar ek is nou nog die ou wat destyds my vriende in die moeilikheid laat beland het.

As jy daar was om jouself raad te gee toe jy 13 jaar oud was, wat sou dit wees?

’n Belangrike les wat ek geleer het, is dat jy kan kies wie jy eendag wil wees. Ek dink baie jong kinders word beïnvloed deur wat kief is en oor wat hulle moet wees. Hulle lees tydskrifte en kyk flieks, en wil dan daardie kief ou wees wat hulle sien. Ek het gelukkig vroeg in my lewe geleer dat ek ’n keuse het oor wat ek in die lewe wil wees en dat dit nie saak maak wat ander mense sê nie, dis jou lewe. So ek sal heel moontlik dit vir myself sê.

Waarna kan die wenner uitsien?

Ek dink dit gaan baie pret wees en op die ou end moet die wenner dit geniet, ons gaan natuurlik probeer om ’n paar dinge te leer, al die dinge wat ek geleer het, maar die wenner moet pret hê. Jy moet dit regtig die geleentheid geniet, want soos ek gesê het, wanneer jy pret het, is jy uitstekend in dit wat jy doen. Ek wil vir die wenner wys dat wanneer sport lekker is, is die lewe ook lekker. Vir my gaan dit lekker wees om interaksie met die wenner te hê sodat ek kan sien of ek kinders wil hê of nie. En of ek sal hulle kan hanteer.

Gepraat van kinders, het jy al nagedink oor hoeveel jy eendag sal wil hê?

Ek sal daarvan hou om ’n groot gesin te hê, maar dit hang van my vrou af.

MEER OOR DIE KOMPETISIE

Wat is die doel daarvan?

Dis gemik op kinders tussen ses en 13 en wil invloedryke, goeie en gesonde mentors aan hulle beskikbaar stel wat hulle kan leer om hoog te mik en dat hulle enigiets kan wees. Droom groot, maar doen ook iets daaraan.

Hoe kan die kinders inskryf?

Inskrywings is oop van 12 Mei tot 23 Junie. Jy kan aanlyn inskryf by http://www.disneyxd.co.za/aim-high of disneyafrica.mobi.