Wen ’n geskenkbewys ter waarde van R2 000 om by enige Cape Town Fish Market te gebruik.

Die eerste Cape Town Fish Market het 20 jaar gelede oopgemaak toe die restaurateur Douw Krugmann ’n varsviswinkel in die V&A Waterfront in Kaapstad gekoop het. Vandag is Cape Town Fish Market ’n dinamiese restaurant wat bekend is vir vars seekos en ’n sjiek, dog informele omgewing.

Die restaurant bied nou ’n splinternuwe Soesji- en Tapas-reeks aan wat jou mond sal laat water. Of jy lus is om gou vir middagete te gaan soesji eet, ’n romantiese kreefete vir twee wil geniet of vars tunasteaks soek om jou gaste by die huis te beïndruk, Cape Town Fish Market het die oplossing. Gaan na Cape Town Fish Market se webtuiste om jou naaste tak op te spoor en ’n tafel te bespreek.

WEN

Vul die inskrywingsvorm hieronder in voor 17:00 op 7 Desember 2016 om in aanmerking te kom om die CTFM-geskenkbewys ter waarde van R2 000 te wen.

HIERDIE KOMPETISIE HET REEDS GESLUIT.