Een uit drie vroue oor 40 en meer as 90 persent van vroue oor 50 sukkel met onegalige velkleur. Dit kan gelokaliseerde of verspreide donker kolle op die gesig, bors en hande wees.

Dit kan die gevolg wees van allergiese reaksies, natuurlike velveroudering, hormoonveranderings en die mees algemene rede: herhaalde blootstelling aan die son.

visual-1-website

As jy Avène D-Pigment gebruik, kan jy onegalige velkleur verbeter. Daar is ’n trio aktiewe bestanddele in dié produk wat wetenskaplik deur dermatoloë erken word en die volgende bymekaarbring:

  • Melanied, ’n depigmenterende bestanddeel;
  • ’n Verligtende bestanddeel, retinaldehied (’n natuurlike retinoïd wat van vitamien A afkomstig is);
  • Pre-tokoferiel, ’n kragtige antioksidant wat die vervaardiging van vitamien E stimuleer en die vel teen vrye radikale beskerm; en
  • Avène-warmbronwater, welbekend vir strelende eienskappe wat irritasie teenwerk.

Klinies bewese effektiwiteit:

Ná 3 maande se gebruik verminder pigmentasie met tot 81 persent*. *Kliniese effektiwiteitstudie op lentigo – 58 deelnemers – produk is saans een maal per dag aangewend – chromametriese meting en dermaloog se mening. Vir meer inligting kan jy gerus hul webtuiste besoek of ’n e-pos stuur.

WEN

Een gelukkige leser kan ’n Avène-velsorgpak vir egalige velkleur ter waarde van R740 wen.

visual-2-website

Die pak sluit die volgende produkte in:

  • Avène D-Pigment Lig
  • Avène SPF50+ Emulsie
  • Avène Warmbronwater Sproei

Om in te skryf, vul jou besonderhede in en beantwoord die vraag hieronder.

Kompetisievraag: Is Melanied een van die sleutelbestanddele Avène D-Pigment?

HIERDIE KOMPETISIE HET ONGELUKKIG REEDS GESLUIT.

Kompetisiereels, bepalings en voorwaardes: Die kompetisie is oop van 25 November tot 15 Desember. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Personeel van Media24 en die borg (Avène), sowel as hul families, mag nie inskryf nie. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal drie keer probeer om ’n wenner te kontak, binne besigheidsure. As hy of sy nie bereik kan word met een van die drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat mag spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant verruil word nie. Die borg is verantwoordelik daarvoor om die prys binne ’n redelike tyd te verskaf (4 – 6 weke). Die kleur van ’n prys kan nie gewaarborg word nie en is onderhewe aan beskikbaarheid van voorraad. As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking.