Nou kan jy inkleurboeke vir grootmense kry oral waar die gewone soort te koop is. STAEDTLER se reeks inkleurprodukte – kryte, potloodkryte en kleurpotlode – bied die regte inkleurgereedskap vir elke gesinslid. Nou kan jy jou inkleurtalent inspan en inskryf vir ’n inkleurkompetisie. Jy kan lekker kontantpryse losslaan.

WEN!

Die wenner kry R5 000; die tweede prys is R1 000 en die derde prys R500.

Hoe om in te skryf:

1. Gaan na die STAEDTLER-webtuiste.

2. Laai ’n inkleurblad af en kleur dit in met jou STAEDTLER-produkte.

3. Neem ’n foto van of skandeer jou ingekleurde Master- of Colour-blad en e-pos dit na hydcompetitions@media24.com teen 12:00 op 15 Desember 2016.

4. Jy kan soveel verskillende blaaie inkleur en instuur as wat jy wil.

Belangrik: Lees die terme en voorwaardes vir die kompetisie hier.