Dink net watter chaos sal uitbreek as Suid-Afrikaanse rugby se spogtrofee, die Curriebeker, op ’n duister manier wegraak! Dit is presies wat gebeur in Leon Schuster se nuutste fliek, Schuks! Pay Back the Money!, wat op 28 Augustus op die groot skerms begin draai.

Nadat Schuks die gesogte trofee verloor, moet hy R1 miljoen opdok, maar die minister van sport (Desmond Dube) beloof om tot sy redding te kom as hy ’n dokumentêre film maak wat Suid-Afrika in ’n positiewe lig sal stel.

In tipiese Schuster-styl word tydens die verfilming van die “dokumentêr” natuurlik verskeie skelmkamerapoetse op die onskuldige publiek gebak.

WEN

Sien Schuks! Pay Back the Money! eerste wanneer die premièrevertonings op 12 en 13 Augustus in Johannesurg, Kaapstad en Durban vertoon word.

Tien lesers per stad kan elk ’n dubbelkaartjie wen om die geleentheid by te woon.

SMS die woord SCHUKS, jou naam, selfoonnommer, e-pos-adres en stad (JHB, KPS of DBN) voor 11 Augustus om 10:00 na 34922.

Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse. Kaartjies is nie oordraagbaar nie. Die wenners is verantwoordelik vir hul eie vervoer na teaters.

schus2