HIERDIE KOMPETISIE IS REEDS GESLUIT

Peter Veldsman is Suid-Afrika se vooraanstaande fynkospionier met ’n slag vir erfeniskos. Sy nuwe boek, Wat die Hart van Vol is, het pas verskyn. Dit is ’n wydlopende onthoureis, deurspek met staaltjies.

9781770229716 - Wat die hart van vol is - Peter Veldsman met Elmari Rautenbach - HR - Copy
Hy het sy fyn waarnemingsvermoë en goddelose humorsin ontwikkel in sy kinderjare op ’n plaas in die Klein-Karoo waar hy as enigste kind grootgeword het. Nou kan ons sy eindeloos vermaaklike stories geniet.

Hy skryf oor kos, sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie en later as kosskrywer van Rapport en eindelik as Mister V, eienaar van Emily’s. Hy het ’n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig by dié restaurant waar hy hom 20 jaar lank beywer het om streekskos fynproewerskos te maak.

Die stories sal jou terugvoer na ouma se kombuis, maar ook oor die drumpel dra na die wye wêreld daarbuite.

Peter het al 11 suksesvolle kookboeke geskryf en meer as 20 eerbewyse ontvang vir die gehalte van sy werk.

[post-slider] As eienaar en sjef van Emily’s het hy top-10-pryse ontvang, is plaaslik en internasionaal vereer, en sy eetplek in die V&A Waterfront is as restaurant van die jaar aangewys. Hy het die heel eerste Galliova-prys as beste kosskrywer ontvang – eers by Sarie en later Rapport. Peter se plaaslike en internasionale bekronings sluit onder meer in vir sy restaurant-wynlys, ’n eerbewys van die internasionale Chaîne des Rôtisseurs en ’n internasionale Gourmand-prys vir sy boek ’n Mondvol Lekker.

Wen!

Daar is 10 kopieë van Wat die Hart van Vol op die spel. Om ’n kans te kry om een van hulle op jou boekrak te hê, beantwoord die vraag en SMS jou antwoord teen 12:00 op 29 September na 35407.

Vraag: Hoeveel kookboeke het Peter Veldsman al geskryf?

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: Die kompetisie is oop van 21 September tot 29 September om 12:00. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e kan nie gebruik word om in te skryf nie. Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om die selfoon te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Personeel van Media24 en die borg (borgnaam hier), sowel as hul gesinne mag nie inskryf nie. Jy moet die vraag korrek beantwoord om in aanmerking te kom vir die prys. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal drie keer binne kantoorure probeer om ’n wenner te bel. As hy of sy nie bereik kan word met een van die drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie. Die borg is verantwoordelik daarvoor om die prys binne ’n redelike tyd te verskaf (vier tot ses weke). Die kleur van ’n prys kan nie gewaarborg word nie en is onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad. As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.