Nataniël is vanaf 18 Augustus in die Marcellus-teater by Emperors Palace te sien met sy nuutste produksie, Mannequin.

’n Skrywer wil ’n boek skryf oor die lewe van ’n kluisenaar-kleremaker. Mannequin is die storie wat die kleremaker vertel. Dis ’n verhaal vol verrassing, vrees, wreedheid, humor, waarheid en fantasie. Die vertoning bevat nie net oorspronklike musiek nie, maar ook ’n paar van Nataniël se weergawes van die bekendste liedjies van die laat-1960’s en 1980’s.

Mannequin spog met stories in Afrikaans en Engels, opwindende musiek en ’n versameling asemrowende kostuums deur Floris Louw – al die elemente van ’n tipiese gebeurtenis met Nataniël. Nataniël deel die verhoog met musikante saam met wie hy al ’n lang pad stap: Charl du Plessis (klawerbord), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (baskitaar), Hugo Radyn (tromme) en twee gunstelingsangers, Nicolaas Swart en Dihan Slabbert. Mannequin se speelvak is van 18 Augustus tot 25 September. Optredes is Woensdae tot Saterdae 20:00 en Sondae 15:00. Geen kinders onder 15. Bespreek nou by Computicket.

WEN!

Vyf gelukkige lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen na die vertoning op Donderdag 25 Augustus.

Om in te skryf, SMS die kodewoord Nataniël, die antwoord op die kompetisievraag,  jou naam en adres teen middernag op Donderdag 18 Augustus na 35407.

Vraag: Wat is die naam van Nataniël se nuwe produksie?

Bepalings en voorwaardes: Die kompetisie is oop vanaf Maandag 15 Augustus tot middernag op Donderdag 18 Augustus. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e kan nie gebruik word om in te skryf nie. Jy moet die wettige eienaar van die selfoon wees of die eienaar se toestemming hê om die selfoon te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Werknemers van Media24 en die prysborg en hul families mag nie deelneem nie. Jy moet die regte antwoord op die vraag stuur om ’n kans te hê om te wen. Wenners word deur lukrake trekking bepaal. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. As ’n wenner nie binne drie oproepe tydens kantoorure gekontak kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die prysborg neem geen verantwoordelik vir enige skade wat gely word deur vir die kompetisie in te skryf of daaraan deel te neem nie. Pryse is nie-oordraagbaar en kan nie vir kontant verruil word nie. Die prysborg is daarvoor verantwoordelik om die prys by die teater se loket af te lewer waar wenners dit ná 19:00 op die dag van die vertoning kan afhaal. Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee jy toestemming om van tyd tot tyd bemarkingsmateriaal van Media24 te ontvang.