Kom wys jou slag op Jy Het ’n Wenresep! Werskaf jy graag in die kombuis en koester jy die resepteskat wat jou ouma, ma of oom jou gegee het?

carmen-wenresep

Dan is jy net die een wat jou kookvernuf met ons moet kom deel op Jy Het ’n Wenresep!, Huisgenoot se kookprogram op VIA (DStv-kanaal 147).

Skryf in vir die Carmien Tea-kompetisie en jy kan dalk op TV verskyn.

Stuur vir ons die naam van jou gereg en ’n kort paragraaf oor hoekom jou resep met die wêreld gedeel moet word.

Wie weet, miskien is jy een van die uitverkorenes wat kan kom deel in die pret in die Jy Het ’n Wenresep!-kombuis op die prentjiemooi Paarlse plaas Fairview.

Boonop kan jy ’n Carmien Tea-geskenkpak ter waarde van R1 100 wen. Dit sluit ’n verskeidenheid gegeurde rooibostees, ’n glasteepot en ’n verwarmer in.

Daarmee kan jy deel word van die byderwetse teedrinkkultuur wat tee nie net saam met koek geniet nie, maar ook by kos.

600x450

Skryf so in:

Vul bloot die onderstaande vorm teen 12:00 op 16 Februarie in om in te skryf om op Jy Het ’n Wenresep! te verskyn en in aanmerking te kom vir ’n Carmien Tea-geskenkpak.

Let wel:

1. Jou inskrywing vir die kompetisie is ook ’n inskrywing om dalk op die program te verskyn.

2. Die geskenkpakwenner en die mens(e) wat gekies word om aan die program deel te neem is nie noodwendig dieselfde mens(e) nie. (Met ander woorde: As jy die kompetisie wen, is jy nie outomaties ’n deelnemer nie en omgekeerd).

HIERDIE KOMPETISIE HET ONGELUKKIG REEDS GESLUIT.