HIERDIE KOMPETISIE IS REEDS GESLUIT

Die onderneming Hallmark-horlosies is in 1990 gestig. Sedertdien het dit ’n handelsmerk geword wat bekend is vir bekostigbaarheid en goeie waarde vir geld. Uitstekende gehalte en goeie stilering word gebied. Hallmark se uitgebreide horlosiereeks sluit ’n groot verskeidenheid style in – van kleurryke mode-leer vir sosiale geleenthede tot klassieke goue horlosies vir meer formele tye. Hallmark-horlosies het ’n eenjaar-waarborg. Vir meer inligting oor die handelsmerk, besoek hul webwerf, skakel 011-257-6000 of gaan loer op hul Facebookblad.

WEN!

Wen een van twee vir-hom-en-haar Hallmark-horlosiestelle ter waarde van R1 100 elk. Sy horlosie is verguld en het ’n sjampanjekleurige gesig, terwyl haar horlosie ’n wit leerbandjie, vergulde omhulsel en wit gesig het.

Hoe om in te skryf:

Antwoord die kompetisievraag en SMS jou naam, adres en antwoord na 35407* teen 12:00 om middernag op 27 Oktober 2016.

*Elke SMS kos R1,50.

Vraag: In watter jaar is Hallmark-horlosies gestig?

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: Die kompetisie is oop van 20 Oktober 2016 tot middernag op 27 Oktober 2016. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e kan nie gebruik word om in te skryf nie. Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om die selfoon te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Personeel van Media24 en die borg (Hallmark), sowel as hul families, mag nie inskryf nie. Jy moet die vraag korrek antwoord om in aanmerking te kom vir die prys. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking en telefonies in kennis gestel word. Ons sal drie keer probeer om ’n wenner binne kantoortyd te kontak. As hulle nie bereik kan word met een van die drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat kan spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie. Die borg is verantwoordelik daarvoor om die prys binne ’n redelike tyd te verskaf (4-6 weke). Die kleur van ’n prys kan nie gewaarborg word nie en is onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad. As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking.