As jy ’n stoere aanhanger van Deon Meyer is, het jy dalk reeds jou hande gekry op Koors, sy splinternuwe roman.

Maar as jy nog naarstiglik wag vir jou Ouma of broer om die boek klaar te maak sodat jy dit ook kan lees, het jy nou ’n kans om jou eie eksemplaar (boonop met ’n unieke legkaart) te wen.

Koors Book stackup

So skryf NB Uitgewers oor dié nuwe leeslekkerte:

Die Koors het byna almal gevat.

Maar nie die 13 jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig.

Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop – kan hý ooit vertrou word?

Dis nie lank nie of moord kom inderdaad ook na Amanzi . . .

In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.

Hoe om in te skryf:

Vraag: Wat is die naam van Deon Meyer se nuwe roman?

Stuur ’n SMS wat begin met jou antwoord, gevolg deur jou naam, van en adres na 35407 voor of op Woensdag 21 September 2016.

Koors-legkaart

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: Die kompetisie is oop van 8 September 2016 tot Woensdag 21 September 2016. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e kan nie gebruik word om in te skryf nie. Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om die selfoon te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Personeel van Media24 en die borg (NB uitgewers), sowel as hul familielede, mag nie inskryf nie. Jy moet die vraag korrek antwoord om in aanmerking te kom vir die prys. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal drie keer binne sake-ure probeer om ’n wenner te kontak,. As hy of sy nie bereik kan word met een van die drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat mag spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant of ’n ander prys verruil word nie. Die borg is verantwoordelik daarvoor om die prys binne ’n redelike tyd te verskaf (4-6 weke). Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n afleweringsadres en/of korrekte posadres te verskaf waar die prys gedurende die dag afgelewer kan word. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse as gevolg van ’n wenner wat nie beskikbaar was ten tyde van aflewering nie en/of die prys nie betyds by die poskantoor afgehaal het nie. As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking.