Maak gereed vir die musiekreis van ’n leeftyd! Die eerste uitvoering van die gewilde musiekblyspel Priscilla Queen of the Desert vind op Sondag 26 Maart in die Kunstekaap-teater in Kaapstad plaas.

i-will-survive-600x450

Dié speelvak duur tot 23 April. Daarna sal die volwasse blyspel, wat op die gelyknamige Oscar-bekroonde fliek gegrond is, van Sondag 29 April tot 23 Junie in die Teatro by Montecasino in Johannesburg te sien wees.

Kaartjies is reeds by Computicket beskikbaar.

Priscilla Queen of the Desert is ’n uitmuntende goedvoel-ervaring. Die betowerende blyspel, met ’n hoogs aangeskrewe, volledige Suid-Afrikaanse rolverdeling, het al die bestanddele vir ’n ongelooflike aand: wonderlike kostuums, verregaande glans, musiek wat jou op jou sitplek sal laat dans en ’n komiese dog aangrypende storielyn.

Dis nie verbasend nie dat hierdie vertoning van die West End in Londen tot Broadway in New York en verder so ’n treffer was. Dit het wêreldwyd eerbewyse verower, onder meer ’n gesogte Olivier- en Tony-prys.

Priscilla Queen of the Desert The Musical het oorspronklik in 2006 in Australië begin en vermaak steeds gehore wêreldwyd. Onlangs is nog toere in die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland gehou.

Kritici oraloor is beïndruk. Die Australiese koerant Herald Sun sê die vertoning is “helder, waaghalsig en oordrewe”, terwyl die Britse nuusblad Daily Telegraph die vertoning opsom as “hoogs vermaaklik en skittermooi”.

Dis ’n hartroerende en opbouende verhaal dié van drie fopdossers wat met ’n verweerde ou bus genaamd Priscilla na die diep platteland van Australië ry om op Alice Springs te gaan optree. Op pad daarheen vind hulle vriendskap, liefde en soveel meer as waarvan hulle kon droom.

Met ’n asemrowende versameling van meer as 500 bekroonde kostuums, 200 buitengewone hooftooisels, 23 t se stelbekleding, ’n 10 m lange pasgemaakte bus wat 6 t weeg en ’n lys dansbaangunstelinge soos I Will Survive, Hot Stuff, Finally, Boogie Wonderland, Go West, Girls Just Wanna Have Fun en I Love the Nightlife is dié wilde, vars en snaakse blyspel ’n reis na die fantastiese.

Bespreek nou!

Gebruik die hutswoord #PriscillaSA in die sosiale media. priscilla-logo-withbilling-black

WEN!

Agt lesers (vier in Kaapstad en vier in Johannesburg) kan elk dubbelkaartjies wen na die blyspel Priscilla Queen of the Desert.

Die kaartjies vir die Kaapse vertoning is vir Woensdag 29 Maart 2017 om 20:00, en dié vir Johannesburg is vir die uitvoering op Sondag 30 April 2017 om 18:00.

SKRYF SO IN

Beantwoord die onderstaande kompetisievraag en noem in watter stad (Kaapstad of Johannesburg) jy graag die vertoning sal wil bywoon voor 12 Maart om 12:00 om in aanmerking te kom vir die prys.

VRAAG: In watter land speel Priscilla Queen of the Desert af?

HIERDIE KOMPETISIE HET ONGELUKKIG REEDS GESLUIT.

Bepalings en voorwaardes:

  1. Kaartjies geld net vir die datum van die vertoning soos aangedui. Dis onderworpe aan beskikbaarheid en mag nie opgradeer, vir kontant verruil of vir ’n ander vertoning gebruik word nie.
  2. Die prys bestaan uit twee kaartjies vir een uitvoering.
  3. Kaartjies sal een uur voor die uitvoering op die datum van die optrede by die media-toonbank in die teaterfoyer beskikbaar wees.
  4. Kaartjies wat nie teen die begintyd by die media-toonbank afgehaal is nie, sal tot die loketsluittyd by die
  5. Kunstekaap-loket (een vloer laer) en by Teatro se voorportaalkantoor beskikbaar wees.
  6. Wenners wat nie hul kaartjies kan gebruik nie, moet Jills Somers asseblief per e-pos by jilldance@mweb.co.za in kennis stel omdat kaartjies beperk is.
  7. Wenners wat nie opdaag nie, sal nie vervangingskaartjies kry nie.
  8. Deur vir die kompetisie in te skryf, stem deelnemers in tot die algemene bepalings en voorwaardes.