.

Die nuwe uitgawe van die gewildste bordspeletjie ter wêreld, wat op 13 November in Suid-Afrika bekendgestel is, sal jou eiendomsdrome verwesenlik. Monopoly Cape Town is die eerste van ’n verwagte rits streekborde van ons land en die plekke daarop is onder meer die V&A Waterfront; Taj-hotel; Boulders-, Muizenberg- en Kampsbaaistrand; die Tafelberg-kabelspoor en Kirstenbosch Botaniese Tuin.

Watter beter manier om die feestyd deur te bring as om jou gesin vir ’n pot Monopoly uit te daag.

Vandeesmaand is 12 Monopoly Cape Town-bordspeletjies van R600 elk op die spel – skryf nou in en wen dalk hierdie vakansie ’n droombestemming te koop (al is dit net vir ’n dag).

Skryf nou in:

Vraag: Wat is die naam van die nuwe Monopoly-uitgawe?

SMS die antwoord van hierdie vraag, jou naam en van na 35407. Elke SMS kos R1,50.

Jy mag soveel keer deelneem as wat jy wil.

Die kompetisie sluit om 17:00 op Vrydag, 4 Desember 2015.