Van Suid-Afrika se voorste sangeresse en uitvoerende kunstenaars tree binnekort op in Divas Unite, die jaarlikse Vrouedagkonsert in Kaapstad.

Divas Unite 2016 - BlackByrd - sml

Dié skouspelagtige aanbieding, waartydens ’n gelukkige konsertganger ook die kans kry om ’n sewe dae lange droomvakansie in Mauritius te wen, vind op Dinsdag 9 Augustus om 15:00 in die Grand Arena by GrandWest in Kaapstad plaas.

Die indrukwekkende groep vroulike kunstenaars wat vanjaar die verhoog deel, is Thembeka Mnguni, Rouchelle Liedemann, Adelia Douw, Lynelle Kenned, Magdalene Minnaar, Kim Kallie, Judy Page en Bev Scott-Brown. Die gewilde Suid-Afrikaanse vrouegroep BlackByrd, wat al sewe keer vir ’n Sama benoem is, en die vioolduo The Grey tree ook op. Luisteraars van Oggend op RSG kan voorts daarna uitsien om hul gunsteling-omroeper, Martelize Brink, op die verhoog te verwelkom.

Divas Unite 2016 - Lynelle Kenned

Begeleiding word verskaf deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, wat vir dié geleentheid net uit vrouemusikante sal bestaan. Lisa Joubert, die pianis wat die inspirasie was vir die treffer Lisa se Klavier, maak ’n spesiale buiging by Divas Unite en die briljante jong Brandon Phillips tree as dirigent op.

Divas Unite 2016 - Thembeka Mnguni - sml

Volgens die vervaardiger, Barbara Lenhard, is vanjaar se Divas Unite op ’n heelwat groter skaal as in die verlede. “Ons is verheug oor GrandWest se betrokkenheid. Dit bied die wonderlike geleentheid om vir twee liefdadigheidsorganisasies geld in te samel terwyl ons hulde bring aan Suid-Afrika se buitengewone vroue - en dit alles met die ondersteuning van ongelooflike sangers, bekende persoonlikhede en musikante.”

Divas Unite 2016 bied ideale gesinsvermaak en ’n spesiale bederf-geleentheid vir vroue van alle ouderdomme. Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R180 tot R220 en net R120 vir kinders van ses tot 12 jaar.

Divas Unite 2016 - Rouchelle Liedemann

Ter ondersteuning van vroue in die nood sal ’n deel van die kaartjieverkope geskenk word aan die Saartjie Baartman-sentrum vir Vroue en Kinders in Athlone, asook Projek Flamingo, wat borskankerpasiënte bystaan.

Wen ’n droomvakansie

Divas Unite-kaartjiehouers kry ’n kans om ’n wonderlike prys te wen. LUX*-oorde en hotelle, in samewerking met Air Mauritius en Divas Unite, gee ’n sewe-dae-droomvakansie vir twee persone in die Tamassa-vierster-strandhotel in Mauritius weg. Vir nadere besonderhede oor hoe om te wen, besoek die Divas Unite-webwerf.

Wen kaartjies na die geleentheid

Huisgenoot-lesers kry ook die kans om een van 10 dubbelkaartjies na die geleentheid te wen. Om in te skryf, SMS jou antwoord, naam en adres na 35407. Elke SMS kos R1,50.

Vraag: In watter stad word Divas Unite aangebied?

Let wel: Ontvangers van gratis kaartjies sal nie in aanmerking kom vir die Mauritius-vakansie nie.

Kompetisiereëls: Vir die bepalings en voorwaardes en nog inligting oor die Mauritius vakansie-prys, gaan na www.divas-unite.co.za. Reëls vir die SMS-kompetisie: Die kompetisie is oop van Woensdag 20 Julie tot Donderdag 28 Julie om middernag. Elke SMS kos R1,50. Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om die selfoon te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Personeel van Media24 en die borg (Classic SA Media), sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie. Jy moet die vraag korrek beantwoord om in aanmerking te kom vir die prys. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal drie keer binne kantoorure kontak met ’n wenner probeer maak. As hy of sy nie bereik kan word teen die derde oproep nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant geruil word nie. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die prys binne ’n redelike tyd (4 – 6 weke). Die prys sluit nie vervoer na en van die konsert in nie. Met jou deelname aan die kompetisie gee jy Media24 toestemming om jou af en toe te nader met promosies en ander bemarking.