Vir die Voëls vertel die liefdesverhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het.

600X450-2

Tot kort tevore was sy vas oortuig dat onafhanklikheid die enigste vorm van vryheid is, maar intussen het Sampie de Klerk (Francois Jacobs) haar oortuigings op alle vlakke kom uitdaag.

Die film speel af in die laat 1970’s en Henriëtte Loubser, Huisgenoot se redakteur, sê dit gaan die nostalgiese hartsnare roer. “Dis ’n fliek oor ’n sterk vrou wat haar tyd vooruit was en ’n man met so ’n sterk identiteit dat hy ’n vrou kan respekteer en vir haar liefde veg,” sê Henriëtte verder.

Lees hier vir meer oor die fliek.

Die wenverhaal van Irma en Sampie de Klerk van Newcastle oor hul hobbelrige liefdespad tot by die kansel het as inspirasie vir die draaiboek gedien.

Elize Cawood, Neels van Jaarsveld, Nicola Hanekom en Bennie Fourie maak ook hul verskyning in hierdie fliek onder regie van Quentin Krog. Vir die Voëls is vervaardig deur Huisgenoot in samewerking met kykNET Films ter viering van Huisgenoot se 100ste verjaardag.

  Dit begin op 25 November 2016 landwyd in fliekteaters.

WEN!

Tien gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies wen na die Vir die Voëls-première op 17 November 2016 in die Il Grande-teater by Montecasino in Johannesburg.

Hoe om in te skryf:

Beantwoord die kompetisievraag en SMS jou antwoord, gevolg deur jou naam en adres, teen 16:00 op 10 November 2016 na 35407*.

* Elke SMS kos R1.50.

Vraag: In watter dekade speel Vir die Voëls af?

LET WEL: DIE PREMIÈRE VIND IN JOHANNESBURG PLAAS EN DIE WENNERS SAL SELF VIR VERVOER VERANTWOORDELIK WEES.

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: Die kompetisie is oop van 27 Oktober 2016 tot 13:00 op 10 November 2016. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e kan nie gebruik word om in te skryf nie. Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om die selfoon te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Personeel van Media24 en die borg, sowel as hul families, mag nie inskryf nie. Jy moet vraag korrek antwoord om in aanmerking te kom vir die prys. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking en telefonies in kennis gestel word. Ons sal drie keer binne kantoorure probeer om ’n wenner te kontak. As hy of sy nie bereik kan word met een van die drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat mag spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie. Die borg is verantwoordelik daarvoor om die prys binne ’n redelike tyd te verskaf (4-6 weke). As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking. Wenners is verantwoordelik vir hul eie vervoer en akkommodasie.