Hannon Bothma en sy Glam Guru-span is op soek na Huisgenoot-lesers wat graag splinternuut gemaak wil word op sy gewilde TV-program op kykNET.

Glam Guru is ’n TV-leefstylprogram wat mooimaak sonder dokters en messe en wat gewone mense die kans gee om ‘n fantastiese nuwe voorkoms te kry.

Hannon is bekend as ‘n man van skoonheid en styl en is al ‘n super-stilis en die man van wonderwerke genoem.

Nou kry jy die kans om dalk een van die gelukkiges te wees!

Jy kan self inskryf of iemand benoem.

Wat moet jy doen?

  1. Stuur 'n e-pos aan glamguru@hannon.co.za met jou naam, van, adres en telefoonnommer.
  2. Heg 'n vollengte-foto sowel as 'n gesigsfoto aan van jouself of die persoon wat jy graag wil inskryf. Die foto mag nie ouer as 'n maand wees nie.
  3. Gebruik jou naam plus 'Glam Guru-inskrywing' in die onderwerpsveld.
  4. Suksesvolle kandidate sal genooi word vir 'n oudisie en die finale uitdunne is in Johannesburg.

Die fynskrif:

  • Geen korrespondensie sal gevoer word indien jou aansoek nie suksesvol is nie.
  • Jy het kans om in te skryf tot 10 Januarie 2017.