Adriaan van Landschoot en Edwig Abrath is die meesters agter Adya Classic. 'Adya' staan immers vir Adriaan in Latyns en is ook 'n kombinasie van Adriaan en Yasmin, Adriaan se dogter.

Die groep is in 2004 gestig met die idee om klassieke musiek met ander genres soos pop te meng. Edwig skryf die klassieke gedeelte van die musiek en dirigeer ook die orkes. Adriaan tree as orkesleier en vervaardiger op.

Adya se nuutste album, Classic Gold, is in Oktober uitgereik. Dit bevat 40 van hul gewildste treffers, soos Toreador se lied (uit Carmen) en die Tritsch-Tratsch-polka (deur Strauss).

Adya se vorige albums, Adya Classic 1 en Adya Classic 2 is ook by iTunes verkrygbaar.

WEN!

10 gelukkige lesers kan elk 'n kopie van Adya Classic se nuwe album, Gold, wen!

SMS die woord "Adya", jou naam, van en adres na 35407. Elke SMS kos R1,50. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Die kompetisie sluit op 22 Desember 2015.

Bepalings en voorwaardes

Die wenner word lukraak met rekenaarsagteware getrek. Die beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Die prys is nie omruilbaar vir kontant nie. Jy moet die geregistreerde eienaar wees van die selfoon wat gebruik word om aan die kompetisie deel te neem of toestemming van die geregistreerde eienaar hê om sy/haar selfoon vir deelname aan die kompetisie te gebruik. Die borg is verantwoordelik vir die aflewering van die prys. Geen werknemers of naby familie van Media24 en die borg mag aan die wedstryd deelneem nie.