Jy kan een van vyf Sorbet Pro Gel-stelle ter waarde van R440 elk wen. Die stel sluit drie jels en ’n bolaag in.

Almal praat oor die vooraanstaande skoonheidsalongroep Sorbet se nuwe uitreiking. Dit is die varsste kleurspatsels wat Suid-Afrikaanse somers nog gesien het. Die uitreiking waaroor almal op hol is, is drie fantastiese nuwe naellakversamelings. Sorbet Pro Gel, Sorbet Glam Effect en Sorbet Long Wear – dit bied onderskeidelik ’n langdurige jel-effek, spoggerige metaalkleure en ’n naellak vir langer as gewoonlik dra. Kry meer inligting by jou naaste Clicks of Sorbet Salon of gaan na hul webtuiste.

WEN

Vul die inskrywingsvorm hieronder in voor 17:00 op 29 November 2016 om in aanmerking te kom om een van vyf Sorbet Pro Gel-stelle te wen.

HIERDIE KOMPETISIE HET ONGELUKKIG REEDS GESLUIT.