Dis nou die tyd om te skitter!

Die afgelope 26 jaar het Hallmark-horlosies bekend geword as ’n bekostigbare horlosiereeks wat goeie waarde vir geld bied. Die reeks, wat in 1990 bekendgestel is, bied uitstaande gehalte en goeie styl. Die omvattende reeks het ’n verskeidenheid style van kleurvolle mode-leer tot klassieke goue horlosies. Hallmark-horlosies het ’n eenjaar-waarborg. Vir meer inligting oor die handelsmerk, besoek hul webwerf, hul Facebook-blad of skakel 011-257-6000.

WEN!

Hallmark gee drie stylvolle horlosiestelle vir hom en haar ter waarde van R850 elk weg.

HOE OM IN TE SKRYF

Beantwoord die kompetisievraag hier onder en SMS jou antwoord, gevolg deur jou naam en afleweringsadres na 35407 teen middernag op 25 Augustus 2016.

Vraag: In watter jaar is Hallmark-horlosies bekendgestel?

Bepalings en voorwaardes: Die kompetisie is oop van 11 Augustus 2016 tot 25 Augustus 2016 om middernag. Elke SMS kos R1,50. Jy moet die wettige eienaar van die selfoon wees of die eienaar se toestemming hê om dit te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Werknemers van Media24 en die prysborg en hul families mag nie deelneem nie. Jy moet die regte antwoord op die vraag stuur om ’n kans te hê om te wen. Wenners word deur lukraaktrekking bepaal en sal telefonies in kennis gestel word. As ’n wenner nie binne drie oproepe tydens kantoorure gekontak kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die prysborg aanvaar geen verantwoordelik vir enige skade wat gely word deur vir die kompetisie in te skryf of daaraan deel te neem nie. Pryse is nie-oordraagbaar en kan nie vir geld verruil word nie. Die prysborg is verantwoordelik om die prys binne ’n redelike tyd af te lewer. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, gee jy toestemming dat jy van tyd tot tyd bemarkingsmateriaal van Media24 sal ontvang.