Hier is van die swembroekkeuses wat jy as spiertier kan oorweeg, maar wees gewaarsku – dink mooi voor jy in sommer enige swembroek paradeer, want jy kan maklik vir ’n middeljarige seksmisdadiger aangesien word in daardie Speedo met die luiperdvelpatroon.

Swembroeke

Dis die stapelswembroek van mans wêreldwyd. Dis basies daardie driekwart-swembroeke. Daar is ’n wye verskeidenheid kleure en patrone, maar onthou: Maak seker die broek eindig bo jou knie, want jy is nie meer op skool nie.

Die stywe broekie

Dink Daniel Craig in Casino Royale. Dis nommerpas vir die man wat nie sy mooi lyf onder meters waterdigte swembroeke wil wegsteek nie, maar tog nie in ’n Speedo wil belê nie. Maar pasop: Moenie een koop wat te klein is nie, want dit gaan lyk of jy ’n seuntjie se onderklere gesteel het! Hou dit eenvoudig en in gedempte kleure, en dit sal ’n wenner op enige strand wees.

Die Speedo

Tensy jy ’n beroepswemmer of spierbouer is, moet jy dit liefs vermy. As jy egter net nie jou mooi lyf vir die wêreld kan wegsteek nie, onthou net om in “Speedo wax” te belê.

Die Slingersak-Speedo

Dis gedoop die “sydelingse blitsdeurtrekkertjie” en haak net om een been en bedek dan ook net net-net die nodige. Dis natuurlik net vir mans wat die afgelope jaar op tydskrifvoorblaaie gepronk het, maar selfs dan moet jy maar mooi dink of jy heeldag wil regtrek.

Bron: Times LIVE